WordPress het werklik irriterend geword. Die een oomblik tik ek nog lekker die volgende oomblik kan ek niks byskryf nie.
Die een oomblik kan ek ‘n foto byvoeg, die volgende oomblik is ‘n beperkte getal foto’s beskikbaar. Kan ek nie meer byvoeg nie.
Dan moet ek op opdateer druk en hoop dat wat ek so pas geskryf het nie in die niet verdwyn nie.
Om die plasing toe te maak en weer oor te begin.
Daarom gaan ek nou moet vra: “Gebeur dit net met my?” “Doen WordPress dit ook met jou?” en die vernaamste vraag: “Hoe oorkom jy die probleem?”
Ek is nie lus om eers in Word te tik en dan te spoeg en plak nie. Om die waarheid te skry, ek wil myself van Word speen.
Dit is mos nie waarvoor WordPress gemaak is nie? Om iewers anders te tik en dan te spoeg en plak nie?
Scrapy, jy het iets genoem van sukkel ook. Het jy al raad gekry?
Moet ek maar net weer terugskakel na die klassieke een?
Soos laas toe die blokvorm ook so gemaak het.
Al wat ek weet, is dat ek besig is om my lelik te vererg.
Dus gaan ek eers terugskakel na die klassieke een, kyk of dit beter gaan en daarna besluit wat om te doen.
Vir sukkel is ek nou een maal nie lus nie …
Dit het mos met my ook gebeur. Ek het nbhele aand gewerk( en gesukkel met die simpel new editor wat nie eers n mens n ë of ê wil gee nie) aan n blog oor my 10 jy by wordpress, foti’s opgesit, links na seker ou blogs, en toe ek heel laaste link opsit, toe vee wordpress die hele blog behalwe die eerste paragraaf af. Ek is soooo disgusted dat ek nog nie weer kans gesien het om te blog nie, want van nou af sal ek ook moet spoeg en plak. En my rekenaar is n harmansdrup. Kom ons kla almal my die happiness engineers as hulle nog so-iets het
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, hoe kla mens by hulle?
LikeLike
Hul;e is Amerikaans en kies graag verderflike goed, soos die Block Editor. Party van ons het aanbeweeg Blogger toe want g’n mens kan WordPress gebruik én jou siel in die hemel inkry nie.
LikeLiked by 1 person
Daai is op die oomblik waar.
LikeLiked by 1 person
Ek gebruik nog die klassieke een sonder ‘n probleem. Ek hou NIE van die nuwe blok vorm nie.
LikeLiked by 1 person
Ek ook nie, en het met ‘n geveg gekry dat hulle dit nie op my blog outomaties doen nie. En sowaar, toe ek weer sien, is ek weer met die blokvorm opgesaal.
LikeLike
Go to Posts. Choose All Posts. Where it says Posts Add New at the top of the page you have the option of choosing the block or Classical Editor.
LikeLiked by 1 person
Thanks, Anne, I will check that as well. The block editor is a nuisance.
LikeLike
Goeiemore Dr. Christa. Het u al WordPress se vinnige konsep blogform gebruik? In Engels ook bekend as quickpress. Dis te vinde amper aan die onderkant van die blog se beheerpaneel, oftewel Dashboard. Ek gebruik dit baie en het nog nie probleme gehad daarmee nie. Ek sukkel self bietjie met WordPress se rich text editor maar gelukkig gebruik quickpress darem plain text.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek gaan sommer nou soek. Dit maak my baie vies as ek so sukkel met iets wat nooit probleme gegee het nie. Ek waardeer die raad baie.
LikeLike
Aijaijai.WP het groeipyne,lyk dit my.Klassiek val beter op die oor.
LikeLiked by 1 person
Dit doen, maak my sommer vies as hulle my goed na nuwe vorms oorskakel as ek nie daarvoor gevra het nie.
LikeLike
Jy moet kyk of jou spaie wat jy mag gebruik dalk opgebruik is. Ek het bv net voordat dit op was n tweede deel oopgemaak sonder om my vorige te sluit. Dit gee jou weer genoeg spasie om aan te gaan. Fotos neem natuurlik ook baie plek. Jy kan hul kleiner maak voordat jy hul plaas. Dit help ook. Die nuwe uitleg is baie meer uitgebrei en daar is baie meer wat mens kan vermag. Ek is ook maar stelselmatig besig om ondersoek in te stel hoe om dinge te doen. Ek het nie nou meer enige probleme nie(waarvan ek bewus is nie)
LikeLiked by 1 person
Die blokvorm het die laaste week of twee probleme. Ek het nog baie spasie, dit is sommer net ‘n ding wat nou weer nuut is en probleme verskaf.
LikeLiked by 1 person
Ek kan honderd keer op ‘n dag terugskakel na Classic Editor en binne ‘n oogwink is dit terug by Block Editor. Deesdae email ek my blog-artikels en dan publiseer dit outomaties. Meer vrede vir my siel.
LikeLiked by 1 person
Dit is ook ‘n opsie, ek hou egter van beheer.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van beheer en WordPress vat dit by my weg want hulle dink mos soos Apple – namens ander en nie vir hulleself nie
LikeLiked by 1 person