Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

As diere my laat skrik …

Vandag wil ek sommer net vertel van ‘n paar diere wat my al baie groot laat skrik het. Ek begin sommer by die laaste geval, wat nog vars in die geheue is.

Vlermuise

Ons het ‘n probleem met vlermuise in ons huis by die rivier. Ansers as die jonger geslag, wat met Batman en vampires se flieks en reekse grootgeword het, het ek geen bewondering vir vlermuise nie. Hulle is ‘n pes, wat nes maak in die grasdak wat twee verdiepings hoog bokant die grond is. En ek kan nie slaap met die gedagte dat die skreeuende goed in die nag op my kan land nie.

Waarom mense dink dat vlermuise oulik is, weet ek nie. Want soggens moet ek skoonmaak waar hulle gepoef en piepie het. En dit help nie veel om te weet dat beide mense baie siek kan maak nie. Ek moet egter slaap, en daarom slaap ek met ‘n dubbelbedgrootte muskietnet oor die bed.

Manlief dink egter die net maak warm. En maak aan sy kant oop.

So word ek in die nag wakker met manlief wat lig aansit. Hy het geluid van vlermuis gehoor. En die pes sit saam met ons aan die binnekant van die net. Bokant my kop. Ek was so deur die war dat ek nie uitgevlieg het nie. Verlam vn skrik. En die pes het doodluiters die net laat los. En weggevlieg.

Gelukkig vir my, want ek weet nie wat ek sou doen as hy op my geval het nie. Ek skat my hart sou te veel slae gemis het om weer reg te kom.

Ons moet die probleem oplos, maar is elke keer te kort by die rivier om die gate waar hulle in kan kom toe te maak. Ons moet egter begin om raad te volg, soos om vislyn te span om hulle radars uit te gooi. Want ek en die peste kan nie saam in een huis bly nie. Ek gee nie om of hulle muskiete vang nie, ek sien kans vir ‘n muskietbyt. Selfs vir ‘n spinnekop wat my laat gril. Maar vir ‘n vlieënde dier sien ek nie kans nie.

As jy raad het, los asseblief in die kommentaar.

Dit is nie die eerste keer wat ‘n vlermuis my hier die skrik op die lyf gejaag het nie. Die een keer wat in my geheue sal bly, het ek in my kamer ingestap. Toe vlermuis in die kamer sirkel. Ek het laag gebuk en na die badkamer (en suite) gehardloop, en die deur agter my toegedruk.

Wat natuurlik nie veel sal help nie, want die muur is nie dakhoogte gebou nie.

Maar, toe ek die deur so toedruk, was vlermuis reg agter my. En slaan ek hom tussen die deur en die konyn vas. Skreeuend om los te kom.

Ek het my histeries geskrik!

En geweier om die deur te laat gaan. Dan is hy reg op my. Kwaai omdat ek hom vasgedruk het.

Manlief en skoonseun se broer moes my kom red. Maar ek was baie onwillig om die deur te laat gaan. Het handdoeke oor my gegooi, kamerjas oor my kop. Die verdomde ding se muisgevreet en tande sal ek nie sommer vergeet nie.

Ek moet regtig vra. Waarom moet iets wat hare het, vlieg? Wat soos ‘n muis lyk, met tande? Ek het ongelukkig geen liefde vir hierdie muisgesigte nie. Net so min as wat ek vir rotte en muise het. Hulle dra peste aan.

Is dit nie juis een wat die ‘pandemie’ begin het nie? Ek het aan die begin elke stukkie nuus daaroor opgeraap. Van vrae hoe dit van dier tot mens oorgedra kon word tot dit was dalk nie ‘n vlermuis nie, maar eerder ‘n ietermago?

Ek weet wel van mense wat gesterf het as hulle uitwerpsels van hierdie pes inkry. En ek besef hoe maklik dit kan gebeur as die goed snags oor jou bed vlieg, al pie-ende en poefende.

Laat toe ek gekyk het, het ek nie opgeteken om hulle gemors agter hulle skoon te maak nie. Dus help manlief nou om skoon te maak. Gister vertel hy dat dit ‘n groot werk is, nadat hy twee vertrekke skoongemaak het. Dit help baie. Hy verstaan die dringendheid om die pes uit ons huis te kry.

Daar is bome, honderde daarvan. My huis is nie hulle gastehuis nie. En as dit is, is dit goeie maniere om agter jou eie bas skoon te maak. Hulle doen nie, dus moet hulle uit!

***

Ape

Ons was vanaf 12 tot 19 Desember 2020 in Umdloti, het in die Strandhuis gebly. ‘n Selfsorghuis met ‘n paar woonstelle wat ek kan aanbeveel. Elke middag het ‘n groep ape by ons kom kuier …

Ons het egter nie gedink dat hulle in die huis sou ingaan nie. Hulle het nie kom kuier nie, hulle het kom seker maak ons het die huis toegemaak. Dit het ons eers uitgevind toe ons een oggend in die feëtjiewoud gaan stap het. En die inwoner van die een woonstel vir ons kom vertel het dat die ape in die huis was. Omdat manlief een venster, wat nie meer beskerming het nie, oopgemaak het. Hy kry mos alewig warm, het my hitte van die menopause op hom geneem. Ek kry nie warm nie.

Die peste was in die huis, het vrugte gesteel, die oorblywende stuk koek verwoes en my bak met peperduur neute bygekom. Die eienares het kom skoonmaak voor ons terug was. Dus weet ons nie presies hoe hulle te kere gegaan het in ons kombuis nie.

Daarna is die spesifieke venster nie meer oopgelos nie, maar as ons by die huis was, het ons nie die skuifdeur op die stoep toegemaak nie.

So staan ek in die kombuis, besig om tee te maak, toe ek beweging naby my aanvoel. Toe ek links kyk, staan die aap op die eetkamerkas, ons nuutste baba se geskenkie van sy tannie in sy voorpote. En daar gaan hy toe ek skree. Geskenk en al.

Sy pêl het reeds die piesang gesteel en sit dit op die stoep en eet toe ek die aap oortuig om die geskenk te los of … Spot ek nou vreeslik met myself. As hy nie wou nie, sou ek hom nie kon dwing nie.

Twee dae later haal ek wasgoed van die draad af. Toe ek in die kombuis kom, staan aap op die kombuiskas. En ek met ‘n arm vol wasgoed in die hande. Ek skree en sjoe-sjoe dat hy moet uitgaan. En hy spring van die kas af – reguit na my toe.

Land voor my op vier pote en kyk my in die gesig, terwyl hy sy wenkbroue so op en af trek om my te tart. Iets soos – Wat gaan jy doen? Huh? Huh?

Ekke?

Niemand het my hoor gil nie, almal was buite besig. By die swembad en op die stoep. Manlief het hom nie sien inkom nie, hy was op sy foon. Soos altyd …

Ek het net aan een ding gedink en dit is dat hy regmaak om op my te spring. Lekker lansering van vier pote af.

Wel, ek het geretireer en toe ek sien hy volg my nie by die agterdeur uitgevlug. Verwagtend dat hy my sal volg, want hy moes daar ingekom het. Wat ek oopgelos het om wasgoed te gaan afhaal. en ek was verskrik. Vir ‘n geveg met ‘n aap het ek nie kans gesien nie.

Toe ek by die voordeur wil ingaan, staan aap vir my daar en wag. En vlieg hy by die deur uit, baie na aan my. Ek wonder waarom mense gereeld praat van iemand het homself bemis van die skrik. Ek het alle liggaamsfunksies verloor, behalwe om gereed te wees vir wat hy beplan.

Die aap het ‘n ent van my afgesit, ek het teen die glas van die deur gestaan.

Gesien hoe dollatjie om die hoek kom en gewaarsku daar is ‘n aap. Sy het omgedraai terug na die kinders toe.

En stadig om die deur geskuif en die deur toegedruk. My hart in my keel.

Lank daarna het ek steeds gesukkel om my hart weer reg te laat klop. Dit het in my keel vasgesteek.

Verdomde aap is toe op die dak. En toe ek verder weg staan, sien ek dat sy pêl my patat gesteel het. Sit en vreet dit rustig op die dak.

Later die middag het dollatjie vir haar drie seuns snoepgoed by die swembad gegee. Met ape wat op die dak sit en kyk. Mammas met babatjies wat aan hulle vasklou. Seker om mens sleg te laat voel dat jy nie jou duur kos met hulle deel nie.

Toe sy weer sien, staan my aap voor haar. Trek sy wenkbroue op soos hy vir my gemaak het. En sy gil, maar niemand hoor haar nie. Ons is in die huis besig om kos te maak …

Sy kom witgeskrik in die huis en vertel die aap het met haar ook so gemaak. Volgens haar het hy Né? Né? met sy winkbroue gemaak.

Ons het lekker gelag, oor ons albei se ervarings met die wilde aap.

Maar, dit was nie snaaks nie.

En herinner my aan ‘n geval met ‘n wilde aap by Sun City se woonstelle.

Toe ek by ons woonstel se deur kom, sit ‘n aap by die venster. Omdraai wou ek nie omdat ek nie geweet het of hy my sou volg nie. Toe sluit ek soos blits oop en sluit die deur agter my.

Om in stadige aksie te sien hoe die aap die venster groter ooptrek en sy lyf by die tralies deur te trek.

Ek het nie gewag om te kyk wat hy doen nie, want die adrenalien het deur my are gebruis. Ek was nie lam geskrik nie.

Het by die kamerdeur ingevlug, die deur gesluit asof die aap dit kon oopmaak – en hy kon seker as hy ‘n venster kan oopmaak? – en deur die venster vir my gesin wat onder gebraai het – gevra om my te kom help.

Gevra, al wou ek gil dat daar ‘n verdomde aap in die kombuis is. Wat saam met my by die huis ingekom het. Ek sou dit meer waardeer het as hy vir my bang was. Soos ek vir die wilde aap was.

Daar is ‘n aap in die huis.

Die aap het intussen lekker aan die vrugte gevreet en was maar vies toe hulle hom kom verjaag het.

Later die week het die kinders en kleinkinders my oortuig ek moet saam met hulle in een van die waterglybane afgaan. Ons is met die trappies en paadjies op en op en toe ons die glybaan se ingang al kon sien, staan twee bobbejane in die paadjie. Doodluiters.

Ons het geretireer en die mense agter ons het geretireer. Toe ons huite sig was, het ons omgevlieg en afgegaan. Die groep mense tussen ons en die bobbejane al groter gemaak.

Ek gaan nie met ‘n bobbejaan onderhandel om af te gly nie. Ek het wel later afgegly. En iemand het vir ons kom vertel dat ‘n bobbejaan voor hulle in die tonnel in is.

Wel, glo my, ek sou nie afgegly het as ek geweet het nie. Hy kan mos enige plek uitspring en wag vir iemand om saam met hom af te gly. En daardie iemand sou nie ek wees nie.

***

Bokke

Ons het met kinders en kleinkinders by Dikilolo gaan uitspan. Twee huise gehuur, een vir die kinders en een vir ons.

Ons eerste kleinseun was nog baba, ek kan nie onthou of tweede een al gebore was nie. So gaan stap ek met die baba, af na die ander huis, wat ‘n oop stuk veld van ons huis af was.

En ‘n bok besluit om na my aangestap te kom.

Hardloop kon ek nie, want ek het toe ek nog ‘n skooldogter was, ‘n lelike stel met befoeterde, uitgegroeide kalwers op ‘n vendusie gehad. Hulle het uit kraal gestorm en ek het omgevlieg en gehardloop, met hulle op my spoor. Donderend agter my aan.

Ek was vol adrnalien en die enigste wegkruipplek was die sementkrip. Dus is ek reguit soontoe en binne-in. My klere sopnat, die kalwers wat blasend aan beide kante verby my is, kan ek steeds hoor as ek daaraan dink.

Weghardloop met baba in die arms kan nie werk nie.

Toe klim ek met baba en al in die naaste boom. Met die bok se horings naby my agterstewe.

Skoondogter, wat toe nog seun se meisie was, het die bok verjaag en die baba gevat. Met ekke wat soos ‘n skaap gevoel het.

Daarna was die vervlakste bok my aanhanger, waar ek was, wou hy ook wees.

As ons braai, het hy aangestap gekom, sy bokkie oë op my. Wat almal laat skaterlag het. En my met ‘n spoed in die huis gekry het.

Manlief moes maar die orige bok verjaag. Ek het die vrede eers geglo as hy ver weg was.

***

Honde

Mal soos ek oor honde is, is ek nie mal oor nder mense se honde nie. Ek het met boerboele en rifrûe grootgeword wat mekaar aangeval het. Dk verstaan bloed en kwaai honde. My sus het hulle uit mekaar gehaal, ek het onder die bed gaan skuil tot die geveg gestop is.

Ek moes op ‘n slag ‘n skoolkind se boek by sy ma afgee en toe byt die skoothond my aan die enkel toe ek uitgaan. Wat glad nie sou nie, volgens die vrou. Vir mal honde sien ek nie kans nie.

Daarom het ek Miniatuur Schnauzers, die wêreld se lovers onder die honde. Hulle is wel kwaai as die tuinier te maby aan my waag, maar sal nie byt nie. Nie sommer nie.

So gaan stap ons die vakansie – die fag toe die ape die huis in is toe ons weg is – in die feëtjiewoud by Umdloti. Ons het nie geweet dit gaan 5 km wees nie, dus was ons op pad terug lekker moeg van ‘n lang stap op ‘n verlate, warm strand (16 Desember 2020) en die pad buite die bos was warm op pad terug huis toe.

Ons het aan die huise se kant van die pad gestap, nie aan die see se kant nie.

Skielik troon ‘n Rotweiler reg bokant ons, sy voorpote en voorlyf op die muur, asof hy gereed was om af te spring aan ons kant van die muur.

Met al my kleinkinders by my, my dogter en my man ook, het ek my besimpeld geskrik.

Ek dink ek het gevloek.

Een woord wat met ‘n ‘f’ begin.

Maar ek is nie seker nie, hoop dit was manlief of dollatjie.

Ons het instinktief nie gehardloop nie. Net ons pas versnel om buite sy oog te wees.

En toe gelag omdat ons so groot geskrik het.

Nie uitbundig nie, eerder iets soos blydskp dat hy ons nie kon bereik nie.

Hemel tog, sê nou maar ons stap berby die huis en die hek is oop?

In Suid-Afrika is dit belangrik om kwaai honde te hê. Om jou en jou gesin te beskerm teen gevare wat om elke hoek en draai kan loer.

Ek plaas my geloof egter in die Here. Dat hy ons sal beskerm teen loerende gevaar.

My honde is eerder my geselskap, my liefiediere, die diere wat ek nby en om my kleinkinders toe kan laat. Omdat hulle – selfs as hulle seergemaak word – nie die skade aan ‘n kleinkind kan aanrig wat ‘n Rotweiler kan maak nie.

En dit is ‘n vreemde gedagte.

Want my kinders het met Wolfhonde grootgeword. Alsations. Honde wat kan seermaak waar hulle byt. Ek weet tog dat jou eie honde selde aan kinders en kleinkinders byt.

Wat my by ‘n ander staaltjie oor honde bring.

Ons het in Merriespruit gebly en my kleinsus het by my kom kuier. Ek en sy is winkels toe. En toe sy die hek oopmaak dat ons weer ingaan, stap ‘n vrou met ‘n bondel op haar kop by die huis verby.

Ons hond het niks daarvan gehou nie, hy moes my oppas. En is grommend uit die erf agter haar aan. Sy het gehardloop, die bondel in die pad lat val. En ek en sus moes wegry om haar te beskerm, my hond het so geraak as ek by die huis aankom. Hy moes my oppas! Dit was al hoe hy in die erf sou teruggaan.

Intussen het mnlief die lawaai in die straat gehoor, gedink die hond byt my sus.

Hy was in die stort en het met die klein handdoekie om sy lyf uitgestorm om te kyk wat aangaan.

Net toe hy by die hek kom, kom die myn se bussie met die nagskofwerkers daar verby. En mnlief vlieg agter die stam van die sambreel oompie in. Wat te dun was om sy lyf weg te steek.

Ons lag nog baie oor wat die manne moes dink.

‘n Halfnaak manlief agter die stam van die boom.

Met die vrou in die straat. En haar bondel op die grond.

Want, hulle het hom gesien.

En gegroet met:

“Naand meneer”

Hy was een van die bestuurders op Beatrix myn …

Ek en sus het teruggekom toe ons sien die hek is weer toe. En Alsation in die erf.

Wat my by die laaste staaltjie bring.

Ons het na Riebeeckstad getrek en ‘n huis gehuur tot ons een gekoop het.

Mnlief kon ver pad omry om daar te kom. Of sommer deur die veld ry. Wat hy die meeste van die tyd gedoen het.

Die kinders het gesien – is op pad. En het die hek oopgemaak.

Alsation het ook gesien hy is op pad, die hek is oop en iemand waag dit om aan sy kant vn die pad te stap. En hy is uit by die hek. En byt die vrou aan die been.

Ons het haar gered, opgelaai en dokter toe geneem.

En seun en dollatjie het agter by haar gesit.

Seun was nog baie klein, hy is eers toe ons uit Riebeeckstad getrek het laerskool toe. Dus skat ek hy was vier jaar oud.

Hy het na die gaatjies op haar been gekyk waar Alsation se tande in is. En gesien hoe spierwitt vetselletjies by die gaatjies uitpop. Wat ‘n blywende indruk op die kind gemaak het.

Want sy sus het een dag nie lank daarna nie by ons kom kla:

Boeta sê hy gaan my klap dat die vetkorreltjies spat!

Dokter Van der Vywer het haar behandel, ingespuit en medisyne voorgeskryf.

En ons niks gevra nie. Sy diens was gratis, hy ken honde …

Ek het egter geskrik. En toe Leeutjie later sy laaste asem in Benoni tydens ‘n donderstorm uitblaas, het ek besluit om nie weer groot homde te hê nie.

Ons het na Jack Russels oorgeslaan, die steekhaartipe. Maar hulle verloor oral hare.

En toe ontdek dollatjie Miniatuur Schnauzers.

Hulle verloor nie hare nie, is nie humeurig nie, die hare is so na aan die mens s’n dat die kans op sensitiwiteit baie laag is.

En hulle is lovers nie fighters nie.

Hulle maak dat ek nie meer so bang vir ander mense se honde is nie. Maar net as dit Schnauzers is …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.