Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat ‘n verrassing om te vind dat ‘n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram.
Gewoonlik kon mens ‘n antwoord of versoek WhatsApp, nou sê die omroepers dit kan geTelegram word!
Baie geluk, OFM, ek ondersteun julle 100% in die besluit om van weg te beweeg. En ek sal aan kompetisies kan deelneem in die wete dat my nommer nie oor die aarde gedeel word nie.
Op die oomblik waag ek beslis eerder my kanse dat my PI gesteel kan word met ‘n Russiese toep in privaatbesit as met Facebook se mannetjie wat dink dat hy ‘n groter mag as regerings besit.
Op die oomblik het hy, mense vertrou hom … en nie hulle regerings nie.
Maar, diegene wat hulle persoonlike inligting beskerm, migreer met die druk van ‘n knoppie na ‘n ander toep – sonder dat bagasie saamgesleep hoef te word. Net so. Kliek, kliek … Anders as in die werklike wēreld.
Alhoewel ek nie met die veiligheid van Telegram tevrede is nie, is dit beslis ‘n skuif in die regte rigting. Jy moet net sorg dat jou ligging altyd maar altyd op Telegram afgeskakel is om veilig te wees. Indien nie, kan enige iemand naby jou op sy foon kyk wie naby hom of haar is. En ek het groot geskrik toe ek sien wie almal naby my is. En met my kan begin gesels. Lees gerus hier wat ek gevind het.
Dus is my Telegram op ‘n ander foon – en die foon en Telegram se ligging funksie is afgeskakel.
Ek ondersteun OFM nou sommer baie meer omdat hulle my PI help beskerm. Dit is aangenaam om te vind dat ‘n radiostasie so ‘n besluit kan neem. Wonder wie gaan volg?
Ek verkies Signal. Wat ‘n oulike toep. Een wat beloof om PI te beskerm. En ek glo hulle vir nou. Lees gerus waarom ek Signal verkies.
Hier in die Kaap het Bokradio, kort na Whatsapp se boodskap, ook geskuif
LikeLiked by 1 person
Dit is wonderlik om te hoor dat radiostasies vir hulle mense omgee. Ek gaan Bokradio ook probeer opvang. Wonder of mens dit in die Noord-Kaap kan opvang?
LikeLike
Jy kan hulle met iets soos Simple radio deur die internet luister. Die FM sein sal nie daar opvang nie
LikeLiked by 1 person
Ek gaan sommer nou dadelik soek, dankie.
LikeLiked by 1 person