Ek het nie van die smaak van rooibostee gehou nie. Toe oortuig ek myself dat ek baie van rooibostee hou terwyl ek met my kinders swanger was. Want ek moes nog koffie los om hulle te beskerm.
My vriendinne was verras. As hulle vra wat ek gaan drink, was dit nie meer koffie nie, dit was rooibostee.
Sodra die babas gebore was, was ek terug op die koffiekan. Geen tee vir my nie. En beslis nie rooibostee nie. Ek hou nie van die bitter van tee nie, en ook nie van melk in my tee nie.
En toe land ek in Kazakhstan, die land van tee. En ontdek ek dat ek nie melk moet drink nie, dit is die oorsaak van die diaree wat my lewe erg versuur het. Swart koffie is nie lekker nie, dus het ek my aan die tee wat in Kazakhstan beskikbaar is, vergryp. Maar nie sommer enige tee nie, al die tee is gegeur. Daar is sitrus, lemoen, perske, granaat, kersfees, blomgeure en vele meer beskikbaar.
In Kazakhstan is gegeurde tee goedkoop. Toe ons weg is, het gegeurde tee in Suid-Afrika reeds R90 vir 20 sakkies behaal. Daar het tee minder as R20 ‘n pakkie gekos. En voor manlief geweet het wat him tref, het ons ‘n kas vol tee gehad. Die tee moes ook saamkom huis toe. En nou is ek vreeslik suinig daarmee, dit moet baie lank hou. Ek gaan nie terug soontoe om die tee te kan koop nie.
Intussen het ek heerlike tee in Suid-Afrika gevind.
Ek sien nie meer Five Roses se tee (pienk sakkie) op die rakke nie. Is dit nog beskikbaar? Dit is die tee wat so R90 per pakkie gekos het toe ons begin 2019 oor is na Kazakhstan. Die Freshpak rooibostee se cramberry en pomegranate geur is my vir besonder lekker.
En toe ontdek ek Laager se Tea fot Kids (kyk foto). Daar is vier geure:
- Peach and apricot
- Apple and berry
- Rooibos and honeybush blend
- Strawberry
Dit is baie, baie lekker tee. Sien dit is vir kinders, dan is ek mos ook kinders. Ek is baie erg oor hierdie vier soorte rooibostee.
Die hooffoto toon ‘n bakkie vol van my gunsteling Kazakhstan tee. Ek is, soos ek reeds geskryf het, baie suinig daarmee.
Soos jy weet, ek is ‘n tee versamelaar 🙂 Ek was aanbeveel om rooibos tee te drink nadat my eerste kind gebore was en het dit nogal geniet. Nie meer nie – alhoewel ek ‘n koppie so nou en dan sal drink net vir ‘iets anders’. Toe ek Earl Grey ontdek het het ek geweet dat tee nie net ‘tee’ is nie and nou koop ek allerhande soort tee waar ek kan. Ek het lank laas daardie Five Roses New Beginnings gesien. My man hou baie van Rooibos Cranberry & Pomegranate. Ek verkies swart tee – veral vir Earl Grey 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die lekker saamgesels. Ek dink jy gaan van daardie Laager rooibos vir kinders hou, die bekende smaak van rooibos word verdoesel en dit ruik heerlik terwyl mens jou tee geniet. Ek het, na jou geselsies oor tee, Earl Grey probeer. En ek hou daarvan, toe ek jonk was, was dit vir my baie, baie sleg. En in Kazakhstan het ek geleer om Bergamot tee te drink. ek verbeel my dit is ‘n bestanddeel in Earl Grey?
LikeLike
Ja, dit is 🙂
LikeLiked by 1 person
Carmien het ook heerlike tees. Ek drink net gegeurde tees. En Infusion se tees. O daar is baie! Kyk gerus by Woollies!
LikeLiked by 1 person
Ek geniet gegeurde tee net so baie. En dit help baie dat dit swart gedrink word, want … ek kan nie melk drink nie.
LikeLiked by 1 person
Jy skryf altyd so interessant oor tee, dat ek begin wonder of ek dit nie maar moet probeer nie.🤔😉 Ek is glad nie ń tee of koffie drinker nie, gryp maar liewer na water. Tog, dis ietwat vervelig.
LikeLiked by 1 person
Una, jy kan tee baie, baie flou aanmaak. Die rooibostee vir kinders is heerlik as dit koud is. Ek het voor Kazakhstan nie tee gedrink nie …
LikeLike
Ek verkies weer plein gewone rooibostee bo die gegeurdes. En ja: Twinings Earl Grey!,
LikeLiked by 1 person
Ek stem oor rooibos plein, maar dan moet dit die regtes wees. Met die lang rooi naalde. Dit is romerig en heerlik.
LikeLike
Ja verkieslik maar dis bsie werk om dut te mask – in n potjie op d stoof en deur n siffie….
LikeLiked by 1 person
Is waar daardie, maar ek kry dit ook in sakkies.
LikeLike
Ek het probeer. Wit, swart, sterk, flou, met heuning…… Ek hou nie van rooibostee of gegeurde tee nie. Rêrig
LikeLiked by 2 people
Dit is beslis ‘n smaak om aan te leer, ek vermoed Kazakhstan het my gehelp.
LikeLike
Ek het geleer om te drink en meng met surrlemoen en heuning en laat koud word en gedrink in die somer hier. En myself seker raak gedrink, nou is dit fyn. Maar daar kom dae wat dit net nie wil in nie..
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, koud is dit heerlik. En ek kry ook dae wat ek dit nie kan drink nie.
LikeLike
Ek drink van ek maar onthou swart tee met bietjie suiker in. Hier in NZ het hul baie gegeurde tee en dis vir my baie lekker. Rooibos is nie regtig my cup of tea nie al beweer hul dis gied vir jou. Ek drink english breakfast tee. Earl grey het vir my te bitter nasmaak.
LikeLiked by 1 person
Ag lekker, ek hou nou sommer van alle soorte tee.
LikeLiked by 1 person
Earl Grey….ek hou nie van rooibos tee nie…my teemaker het die pot met sakkies en water op die eenplaastofie gesit en geloop….dan brand daai rooibos. Ek gril vandag nog. Maar ai…ek laaik Earl Grey
LikeLiked by 1 person
Ek stem, smaak om aan gewoond te raak. En mag glad mie sterk wees nie
LikeLike