***Please note: Google translates my site; therefore, my posts are available in your language. I am writing in my mother tongue – Afrikaans. I realise that some of the translations might be horrible, so bear in mind that you are reading a machine translated post. You are welcome to leave a comment in English. Im am fluent and will understand. ***
Ek sien gereeld foto-uitdagings, oorweeg om deel te neem en dan los ek dit. Want daar is soveel waaraan mens kan deelneem en ek wil nie die hele dag foto’s plaas nie.
Toe sien ek hoe blogvriendin Appeltjie dit hanteer, sy sit meer as een uitdaging bymekaar in een skrywe. Dus gaan ek soos sy maak – foto-uitdagings saamsmelt en een keer per week plaas. Die enigste probleem is dat die uitdagings in Engels is, en ek skryf in Afrikaans – maar, dit is nie groot probleem nie, my blog is so gestel dat dit outomaties vertaal op blaaiers van lesers. Dus gaan ek by Afrikaans bly.
***
Tourmaline se sunset orange uitdaging

Son wat oor die baai sak, iewers tussen Muizenberg en Kaapstad. Ek het geen filters gebruik of dit na die tyd geredigeer nie. Dit is hoe die foto met my iPhone 7 geneem is. Hierdie foto is ‘n skermskoot van die oorspronklike foto om data te beperk. Ek hou van die sonstrale bokant die wolk, amper soos soekligte in die nag, die son met sy stralekrans, die afgeëtste berg op die horison en die weerspieëling van die son op die water – wat dit in iets tussen goud en brons verander.
****
Ceenphotograpy April uitdaging.
Hierdie uitdaging vereis ‘n foto waarin liggroen of neongroen die botoon voer. Ek kon kies – ‘n boom of my huis. My huis is die aakligste lemmetjie groen, ons huur die plek en die eienaar weier om die kleur te verander. Dit is so lelike kleur dat almal gaan weet waar ek bly as ek die foto plaas. Dus gaan ek eerder ‘n onlangse foto kies van die son wat lig op ‘n boom in die tuin van ons huis in Kuruman, Noord-Kaap gooi.

Ons het mos net voor gras, agter is dit grond en dorings. Dit trek my dadelik om ‘n foto te gaan neem as die son so op die bome speel, die boonste blare in ‘n ander kleur verander. Mens twee keer laat kyk om seker te maak dat jy nie verkeerd kyk nie. En dan gryp ek my kamer, voor die oomblik verby is.
Ceesphotography het ook ‘n violet-uitdaging (pers).
Toe ek gister buite stap, kry ek een enkele leeubekkieblommetjie in my tuin. Ek moes net afneem, voordat dit weg is.

***
Leaf and Twig het ‘n foto oor sneeu in April gedeel.
Sneeu op die takke van bome. Ek het kommentaar gelewer en gevra waar sy woon, want dit het my mos na Kazakhstan laat verlang. Nie om daar te gaan bly nie, net om weer na my foto’s te kyk. Hierdie foto is in Maart 2020 in Ust’-Kamenogorsk – aka Öskemen – in Kazakhstan geneem.

Ek moes winkels toe gaan, maar dit was baie koud. Toe stuur manlief vir die enigste keer sy motorbestuurder om my winkels toe te neem. Die sneeu het swaar op die kersboompies se takke gelê, maar dit breek mos nie. Dit hanteer die vrag met grasie.
Hierdie foto is dieselfde dag geneem … Het deurnag gesneeu. Wanneer die sneeu so lê, kan jy lekker stap. Soveel anders as wanneer die sneeu begin smelt …

Die sneeu is die mooiste wit waaraan mens kan dink, dit is eintlik onbeskryflik. Dit skitter silwer in die son.
***
My deelname aan BrightSquare se Bright & Lifely uitdaging. Sy het woorde gegee wat die foto beskryf: sparkling, polished, shining, clever, cheerful, colourful, astute, brilliant, sunny, glorious, translucent, distinct and clear. Ek kies colourful.
Hierdie foto is in die stoeprestaurant van VanZijlsrus hotel in Noord-Kaap geneem. Is dit nie pragtig nie?

Seun en skoondogter het Paasmaandag vroeg huiswaarts gekeer. En toe is ons huis te stil. Heeltemal te stil. Toe klim ons in die kar en ry so amper 200 km na Vanzijlsrus toe om daar middagete te eet. Ek moet nog daarvan vertel …
***
Travel with intend het ‘n een woord Sondag uitdaging. Hier is my bydrae, ek het die foto op ‘n Sondag op die pad tussen Orkney en Bothaville geneem. Dit moet ‘n baie kunstige boervrou wees, met ‘n man wat nie omgee dat daar met die kos gespeel word nie. Ons reisigers op die pad geniet die uitstalling.

Die een woord? Dikbek?
***
Matt het ‘n foto van sneeubedekte berg gedeel wat my so na Kazakhstan laat verlang het, dat ek ‘n foto gaan soek het om ook te deel …
Glo my, ek wil nie teruggaan Kazakhstan toe nie, ek verlang net na die mooi oomblikke vir foto’s.
Hier is my foto’s om vir hom te wys hoe mooi Ust’-Kamenogorsk is as die Hollywoodagtige Kazakhstan-koppie met sneeu bedek is. Die enorme Kazakhstan vlag het my altyd soos ‘n magneet getrek. Ek het nog baie meer, ek sal moet gaan soek.


I do hope you like it, Matt! Die foto is in ‘n anrmer land geneem, die sneeu op die berg is hemels.
***
Hammad Rais se Weekend Sky Uitdaging #24 uitdaging
Dit is die eerste keer wat ek deelneem, foto in September 2020 in Almaty, Kazakhstan geneem. Ek het hom spesifiek gekies na aanleiding van blogvriendin Aletta se foto vir hierdie uitdaging. Ek dink ons twee foto’s vul mekaar aan. Die een in Suid-Afrika geneem (haar foto) en myne 10 000 km noordoos in Kazakhstan.

Ons het in hierdie woonstelblok gewoon, die tweede ronde toring, nie die een naaste aan die kamera nie. Die woonstel aan die voorkant, net onder die een met die baie blou vensters. Veertiende vloer. Vanuit daardie woonstel kon ek oor die hele Almaty kyk, byna 360 grade. Dit het gevoel of ek aan die wolke kon vat.
En dit het my verlange na Suid-Afrika nie gehelp nie, want die land van my was agter die Altai berge aan die agterkant van hierdie woonstel, waaroor ek nie kon sien nie.
Die wolke was vir my besonder mooi, met die son wat so anders lyk – nie soos ‘n ronde son nie, eerder soos iets anders. Ons kon nog steeds nie na ons land terugkeer nie – en hierdie foto herinner my aan my verlange om huis toe te kom. Amper soos droomwolkies – my drome om weer tuis te wees.
***
Weekly prompts vra ‘n foto van ‘n buitelug sitplek en weereens kies ek ‘n Kazakhstan foto … Die foto is op die boonste vlak van Kok Tobe in Almaty geneem. Herken julle hulle? So in Kazakhstan is dit ‘n aangename verrassing …

Dit is die enigste vollengte standbeeld van al die lede van die Beatles – ‘n ruk-en-rol-groep – in die wêreld. Daar staan altyd mense wat foto’s by hulle neem, ek was gelukkig om gou te neem voor nog gaan sit.
***
En dan Xingfumama se weeklikse Pull up a seat uitdaging. Sy vereis dat mens ‘n foto deel van plekke waar mens kan sit, sit, of selfs kunstig sit. Ek het hierdie een gekies.

Die foto is in die Dostyk Plaza winkelsentrum geneem, een van die sentra waar die rykeres koop. Ons het stapafstand daarvandaan tydens die inperkings gebly, dus was dit ons inkopiewinkel. Die man is op die tweede vloer op een van die bankies uitgestal. Vir my het hy hartseer of selfs moedeloos gelyk. Maar ek moes hom afneem, by kleinkinders is baie lief vir Lego.
***
Ragtag community gee ‘n woord per dag, ek gaan een keer per week een kies. Maandag se woord is Sizzle. Wel, as jy al ooit in die middelste week van Augustus op die strand in Dubai was, sal jy presies weet hoe warm die strand is. Sizzling warm, my voete kon gaar braai.

Ons kon nie op die sand loop nie, dit brand jou voete. Ons het gaan swem, maar die see water voel soos warm badwater, dit koel jou glad nie af nie. Inteendeel, jy sit en sweet in die see. Die lug is dof, vogtig en mens sien nie die son nie. Ewenwel, nie sommer nie.
***
TravelTalk se life in colour vra dat foto’s van pienk [pink] gedeel word. Ek het eers gestaan en wonder of ek pink foto’s het. Buite gaan stap en hierdie foto van pienk blomme in my eie tuin in Kuruman geneem. Geniet dit, dit is die enigste blomme in die tuin. Ek dink dit is malvas?

Dit is dan genoeg foto’s vir een week, ek hoop jy het dit saam met my geniet. Ek het geen idee of die mense wat die uitdagings gestel het, dit gaan sien nie. Ek hou egter van hierdie manier van deelneem aan uitdagings …
Mooi
LikeLiked by 1 person
Dankie, liewe Seegogga, ek waardeer dit.
LikeLike
Jou foto’s is pragtig Christa en elk vertel ‘n storie! Ja ons wolke lyk nogal baie dieselfde!
LikeLiked by 1 person
Ek dink al lankal ons twee hou van soortgelyke foto’s. Ek verkyk my elke keer aan joune.
LikeLike
Ja, dit lyk so vir my ook!
LikeLiked by 1 person
oh what a fabulous post – love how you have connected all the challenges in one, and your bright square is a perfect way to join the square community. Welcome, do hope you will be back again 😀
LikeLiked by 1 person
Thank you very much, I am hooked, I am sure I will do this again – once a week at least. It provides another way to look at my photos, or a challenge to find a suitable photo to shoot.
LikeLiked by 1 person
That would be amazing Christa 🙂 we have another days of the bright theme, and then we will be back in July
LikeLiked by 1 person
Cannot wait, will check and participate. Thank you for the kind words.
LikeLiked by 1 person
Ongelooflike, interessante foto’s. Jy het ‘n oog vir watter foto’s sal werk! Nie geweet jy het daarin ‘n belangstelling nie!
LikeLiked by 1 person
Ag, San, ek kan my foon se kamera nie los nie – is altyd by my.
LikeLike
They are all wonderful photos, but I especially liked your weekend sky photo! Thank you for the follow.
LikeLiked by 1 person
Thank you very much. I love that photo, the clouds were amazing.
LikeLiked by 1 person
You are welcome!
LikeLiked by 1 person
Thank you very much, I love the challenge.
LikeLike
Oh what a beautiful post and terrific photos. 😀
LikeLiked by 1 person
Thank you very much.
LikeLike
Ek hou ook van die saamgestelde foto plasings. Dit vertel net soveel meer
LikeLiked by 1 person
By jou geleer, Appeltjie, dit is soveel beter as om alles een-een te plaas.
LikeLike
Wat ‘n goeie idee om hierdie fotos saam te wys – en ek hou van die stories wat jy oor elk een vertel! Jou fotos is uitstekend, Christa.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, dit werk vir my baie beter as om aan een-een deel te neem.
LikeLike
The sunlit tree looks like an Acasia, love the Lego man.
LikeLiked by 1 person
Thank you – South African sky look a like indeed.
LikeLike
Wow!
You have certainly captured amazing sky views. Thank you so much for sharing these and other amazing captures with my challenge 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank you very much
LikeLiked by 1 person