Gepubliseer in Reisjoernaal

Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan

Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.

Die foto is tydens ‘n spanbou geneem, op die oewer van die Öskemendam. Ek het al oor die dam geskryf, ook oor die spanbou wat ons daar gehad het. Ons is per boot na die “strand” geneem. Kazakhstan praat mos van die oewers van damme en riviere as die strand. Want die land het geen see nie, al is hy die negende grootste land op aarde …

Die foto maak dat ek nie kan help om dan na hierdie groepie Kazakhs te verlang nie. Regte, egte mense. Jou vriend as hulle jou vriend is. Dit is hoe ek die Kazakhs leer ken het. Al kon ek enkele van die mense op hierdie boot verstaan.

Met hierdie Russe en Kazakhs hou ons kontak en hulle met ons. Ons deel in hulle lief en leed.

Hoe lekker om sulke bande oor die grense van taal te bou – ek sal altyd ‘n sagte plek in my hart hê vir die Kazakhs en Russe wat ons bevriend het hê.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan

  1. Ek het n lewenslange vriendskap gesmee met n totale vreemdeling in my hospitaalkamer. So verskillend van mense in my gemeenskap. Wat jy beskryf oor myners geld ook vir mans en vrouens in lugmag en weermag. Rang oorheers als.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.