Gepubliseer in Woefkinders

Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers

Kyk, ek weet vrouens bou ‘n verhouding met hulle haarkapsters. Ek doen nie, laat my hare selde sny. Want … ek stap selde tevrede daar uit. Maar ek bou ‘n baie spesiale verhouding met my Schnauzers se haarkapster, badster, bederfster. Wat sal mens haar noem?

Dit is nou die vrou wat hulle met liefde inneem, skeer en dan vir my ‘n boodskap laat dat my “furry kids” gereed is om opgelaai te word. Sy is die eienares van Waggy Tails by die Featherbrooke Pick n Pay winkelsentrumpie in Ruimsig, Roodepoort/Krugersdorp.

Hulle lyk elke keer pragtig as hulle geknip is.

En dan is hulle nogal wintie hoor. Sommer baie.

Neem jy hulle kwalik?

BO: van links na regs: BB, Silo en Bekka. Onder: BB, Bekka en Shilo

Die ding is om hulle te laat sit vir ‘n foto. Hoe kry ander dit reg? Of het hulle net een Schnauzer wat dit makliker maak? Kyk net daai wintie houding van mama BB.

Kyk net hoe saggies lyk die beentjies. Dit is net so sag soos dit lyk. Ek kan Waggy Tails aanbeveel, ry van Kuruman af stad toe om hulle daar te laat mooimaak.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

3 gedagtes oor “Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers

    1. Dankie, Seegogga, hulle lyk so oulik as hulle gebad en gekam is. Ek sukkel om daardie kammery reg te kry. Wat haarkapsters betref, hulle sny soos hulle dink ek moet lyk. Ek gaan nog eendag uitloop en weier om te betaal.

      Like

Laat 'n boodskap na sandreyerskryf.wordpress.com Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.