Gepubliseer in Akademies,Begaafdekindonderwys,Joernaal

So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?

Ek het Woensdag vertel dat ek ‘n toespraak vir die SAOU gelewer het. Oor begaafdekindonderwys. Wel, ek het Donderdagoggend ‘n verslag daaroor gekry …

My hart het amper uit my keel gespring toe ek die e-pos kry met die aanhangsel – verslag oor jou toespraak. As taalonderwyseres het ek gereeld my leerders se toesprake geëvalueer. In my wildste drome het ek nie gedink myne gaan geëvalueer word sonder dat ek daarvan kennis dra nie.

Ek stem beslis saam dat dit ‘n oulike idee is dat die mense wat webinare bywoon, die sprekers gradeer. Maar ek dink tog dat die spreker ten minste moet weet op grond waarvan hy of sy gegradeer gaan word.

En ek moet dan weer dadelik sê: Goeie genugtig, is ek dankbaar dat ek nie geweet het nie …

Want my Woensdag was spanningsvol genoeg, baie dankie!

My toespraak is Dinsdag tot in die been uitgewerk, die PowerPoint so perfek as moontlik voor ek gaan slaap het. Ons het net na ses in die bed geklim – ons het mos weer ons krag gedeel met almal wat nie betaal nie.

Die vorige inskrywing is Woensdag geskryf voor ek studeerkamer toe is om my rekenaar aan te skakel.

Tyd om deur my PowerPoint te gaan om veranderinge aan te bring, sinne korter te maak en slegs met kernwoorde te werk. Anders stres ek my op. Aflees werk nie, ek moet met kernwoorde werk.

Nadat die rekenaar deur haar roetines gedraf het, vertel sy my dat daar ‘n outomaties gestoorde weergawe van my praatjie is. Wil ek dit stoor? Ek sê ja, gee nuwe naam en laat dit weer op my werkblad stoor. Toe ek uitgaan, kry ek weer die boodskap en ek sê nee, los maar uit. Ek het mos gestoor.

Klik op my PowerPoint en kry die verlammende skok – dit is leeg. Dolleeg: 38 skyfies met inligting is net weg.

Ek het vinnig probeer soek, maar dit was weg. Geen soektog op my rekenaar kon dit opspoor nie. Kanselleer kan ek nie.

Ek het die asem gehaal, die beste was om oor te begin.

Die toespraak is eers 16h00, ek het tyd. Gelukkig het ek baie tyd aan die uitleg bestee en presies geweet wat op elke bladsy behoiort te wees. Skermskote gemaak van inligting wat ek wou gebruik. En my Apple het in donderblou gewys watter dokumente en webwerwe ek vir die toespraak gebruik het.

My eie begaafdekind handboeke het ook op die tafel gelê, ek het geweet waar ek wat in elkeen gekry het.

Tog was ek eers na 14:30 klaar met die nuwe een. Skaars ‘n uur en half voor ek moes praat …

Soos wat ek deurlees, sien ek iets wat nog kort en word die toespraak amper weer wat dit was. En stoor ek een weergawe op my werkblad, een op my USB-stokkie en stuur ek ook een aan die organiseerders – vir ingeval Kuruman ‘n kragonderbreking het. Dit kry ons baie.

Of my PowerPoint weer dolleeg vir my lag as ek dit tydens die toespraak oopmaak.

Want dan gaan ek afskakel en loop. Dit is genoeg spanning vir een dag. En iets wat ek in elk geval voel elke keer voor ek begin praat. Daardie intense gevoel om net pad te gee en nie te praat nie. Wat gelukkig verdwyn sodra ek regstaan om te praat.

Hierdie sou soveel makliker wees. Ek sou regtig kon wegstap van die een ding wat my soveel stres kan laat voel.

Om 15:40 besluit ek om op die skakel te klik, om te lees dat ek Zoom verkieslik eers moet aflaai.

Waarom het ek nie daaraan gedink nie?

Dit gebeur blitsvinnig – of liewer so vinnig soos dit kan, maar vyf minute later is ek wel gereed vir die toespraak. Net voor die organiseerders ook in die vertrek instap.

Die organiseerders kom kwart voor vier in die vertrek, reël en maak saam met my seker dat alles reg is.

Toe gaan maak ek ‘n pot tee, drukkie manlief wat hierdie week van die huis af werk omdat die “virus” die Noord-Kaap en sy myn bereik het en maak my deur dig.

Vat slukkies van my Carmién rooibostee om my senuwees te kalmeer. Hmm, dit is iets wat ek nog nie tydens ‘n toespraak kon doen nie.

Waarin het my begewe om dit weereens aan myself te doen?

Logies die geleentheid gekry om ook oor begaafdekind.com te gesels. Logies, maar seker ook omdat ek oor begaafdekindonderwys wil gesels – die afgeskeepte kind in die onderwysstelsel. En so kon ek onderwysers nooi om te vertel wat hulle graag wou weet.

Ek sien raak dat 125 onderwysers ingeskakel het – heelwat minder as die 500 wat aangedui het dat hulle belangstel, volgens die organiseerders.

Maar dit is gerusstellend – hulle stel beslis belang …

Na afloop van my toespraak is ek nie tevrede daarmee nie.

Halfpad deur het ek besef dat dit nie lekker is om nie die gehoor te sien nie.

Dit is nie lekker om te wonder wie hulle is en of hulle oplet nie. Of ek hulle raakgevat het?

En dit is beslis nie lekker om so met myself in ‘n kamer by my huis te praat nie. Want dit het presies so gevoel – of ek met myself praat.

Al gesig wat ek kon sien, was my eie.

En terwyl ek so dink, val ek vir ‘n oomblik oor my woorde. Tydens die toespraak …

Ek het so pas besluit dat ek ook nie tydens ‘n Zoom-webinaar gaan praat nie. Die spanning is nie die kool werd nie. En ek is besonder krities op myself as ek eers klaar gepraat het.

En nou is die sigblad met die bywoners se gradering in my e-pos se inboksie. Wag vir my om te kyk …

Gaan ek oopmaak of nie. Nuuskierigheid wen ver en ek klik op die sigblad. Waarvoor is ek gegradeer? En hoe het ek gevaar?

Juffrou wat ek is, sien ek dadelik dat ek by sommige vrae tussen 0-10 gegradeer kon word, by ander %. Ek kon op grond van die volgende gegradeer word:

  • my kennis en vaardigheid (10)
  • inhoud van my toespraak (10)
  • bruikbaarheid van die inhoud (%)
  • verdere sessies nodig (ja of nee)
  • stem jy met inhoud van toespraak saam (ja/nee)

Ek glo dat ‘n aanbieder van ‘n toespraak wat gegradeer word, van hierdie kriteria bewus moet wees. En dan natuurlik oor ‘n baie spesifieke onderwerp moet praat, met baie riglyne waaroor gepraat moet word.

Maar nou ja, ek verkies om self te besluit waaroor ek wil praat. En dit sou my laat stres het, veral toe my toespraak ure voor die tyd weg is … ek verpes Microsoft se onnosel robotte wat dink hulle kan namens my besluit.

Wat ek heel eerste raaksien, is dat slegs 57 van die 125 onderwysers terugvoer gegee het. En ek stres, want gewoonlik is dit die mense wat ontevrede is wat tyd neem om terugvoer te gee.

Tweedens sien ek ‘n 6 en 60% tussen die punte – wat oorwegend 9 en veral 10 was. En ‘n 60% tussen die oorwegend 90 en 100%. Die 100%’s en die 60%’s is beide getalle wat ek met ‘n knippie sout neem – ek weet ek het op een plek oor my woorde gestruikel toe ek na die kamera beeld van myself kyk. Maar ek dink beslis dat ek meer as 60% vir die kennis en vaardigheid verdien.

Wie sou my 60% gradeer? 6/10 vir die inhoud van my toespraak? Daar was geen riglyne nie, ek het geen idee gehad op watter vlak die onderwysers is nie, geen idee van hulle kennis gehad nie. Dit was soos om vir ‘n afstandonderwysklas voor te berei,

Begin eenvoudig by definisies, gaan dieper na onderprestasie en aktiwiteite vir begaafde kinders.

Ek skat nogal dat dit ‘n Engelssprekende persoon was. Want ek kon Afrikaans praat, met ‘n Engelse PowerPoint. Toe doen ek beide in Afrikaans en bied eerder aan om ‘n vertaalde PowerPoint ook in te stuur. Dikmond?

Of het ek dalk op sy of haar tone getrap toe ek klaskamers beskryf het wat begaafde kinders frustreer? Stuur hy of sy die kind uit, vra hy of sy dat die kind die bord skoonmaak terwyl die ander werk? Of weet hy of sy nie eens dat daar begaafde onderpresteerders in sy of haar klas is nie?

Want … dieselfde persoon het Ja geskryf by saamstem met inhoud van my toespraak – dit is nou die ene wat ek self geskryf het. Nie miskien of nee nie, maar ‘n besliste Ja dat die inhoud bruikbaar is.

Die persoon dink ook nie dat verdere sesssies nodig is nie. Dit is gerusstellend – ek het hom of haar bereik. Want ek het in my toespraak alle aspekte van begaafdekindonderwys gedek. In so mate dat die webinaargangers geen vrae gevra het nie.

Tydens vrae tyd was die kommentaar slegs dankie en baie dankie en selfs prentjies om dankie uit te druk.

Die ses en 60% is vir my interessant …

Ek sou ook wou weet wie my 100% gegee het. Al het ek oor ‘n woord gestruikel? Dit moet taalonderwysers wees, ons kyk bo-oor ‘n enkele fout na die geheel.

Weens die groot verskil tussen 60% en 100% het ek manlief gevra om vir my gemiddeldes uit te werk. En dit was veral verrassend dat die 60% my gemiddeld min geraak het:

  • 8,9 vir my kennis en vaardigheid
  • 8.8 vir die inhoud van my toespraak
  • 90% vir die bruikbaarheid van die inhoud wat ek gedeel het
  • oorwegend ja vir opvolgsessies
  • oorwegend ja vir saamstem met die inhoud van my toespraak.

Nie te sleg vir ‘n gewese onderwyseres en dosent in afstandhoëronderwys nie, so dink ekke. Ek het daarin geslaag om my gehoor te gaan haal waar ek dink ek iemand kan verloor en saam met my geneem deur die toespraak na moontlike toepassing van nuwe kennis in die praktyk.

My doel is bereik.

Dalk moet ek PowerPoint se “presenter assistant” glo?

Ek het, nadat die toespraak vir die tweede keer klaar was, die funksie gebruik en die eerste twee skyfies opgeneem. En ‘n baie goeie verslag gekry – ek het oorspronklike teks gebruik, my praatspoed was in die kol, ek het nie afgelees nie en nog ‘n paar goeie statistiek. Ek was verras dat die tegnologie my kon beoordeel, al praat ek in Afrikaans …

NS: Ek dink selfs daaraan om weer ‘n afstandtoespraak te lewer. Speel met idees oor wat tydens ‘n webinaar gedoen kan word …

Hierdie eerste een het nie te sleg gevaar nie … al was ek totaal onbewus van die punte waarop ek gegradeer sou word. Ek wens selfs dat ek sulke terugvoer tydens lewendige toesprake kan kry …

Want daar weet mens nooit hoe die ander oor jou toespraak voel nie …

Waarheen trek my gedagtes my?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

41 gedagtes oor “So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?

        1. Ek het met PowerPoint aangedien, maar kon my gesig aan die kant sien. En een van die organiniseerders. Ek dink aan planne vir ‘n volgende keer – deur byvoorbeeld die gehoor op ‘n manier te betrek.

          Like

          1. My liewe vriendin, jy steeds wakker? Nee gits, ek het al geslaap, word vieruur wakker gemaak om te skryk en toebroodjies te maak. Dan klim ek vyfuur weer in die bed tot dit lig is. Wat maak jy?

            Like

  1. Hey vrou, ek is seker jy sit nie een ballet voetjie verkeerd in die Taal. Jammer as dit gelyk het of ek jou afgeskryf het- nie my toedoen my naiwiteit. Bly om te sien dit gaan goed 🥰

    Liked by 1 person

      1. Ek sit nou en vul basies al my details van my site weer in, maar vir die res gaan dit goed en geen klagtes nie. Baie besig gewees met my lily patch wat ek nou besluit het gaan die somer so mooi wees. Baie lekker foto idees gekry en geneem wat wag om by te kom, dit gaan lekker woelig hier, en my kids is ook nou weer oppad einde van dide maand, my naam is skoon – die waarheid het uitgekom en my eks skoonma hulle is Kaap toe na my ma. Nou gaan dit regtig gemaklik vir eens – okay ek dink hier is al opstel !!
        Nou wanneer weet jy van jou gradering en op watter gronde is dit gedoen?

        Liked by 1 person

          1. Wat was jou onderwerp toe, of is dit meer soos impromptu verbale eksamen (om my te gryp na ‘n definisie)? Ek het nou nog nie ingehaal op die leeswerk, verskoon my asseblief as ek agter geraak het.

            Liked by 1 person

          2. Weet jy ek het op my stoom aangegaan al was ek die “stadiger” een, my graad het ook Verander 1e jaar na nuwe sillabus nie een van geher of gedruip, so prokureur
            Toelating eie praktyk.
            My broer het eerste semester eerste toetsreeks opgeskop. Nooit geleer self leer en verantwoordelikheid vat.
            Vriend op skool het volle mediese beurs gehad, van medies na regte (ek het dit laat awesome klink) na sielkunde, daarna hotel en moerisme en toe oorsee, gee skool in Taiwan.
            Hang af baie wat jou skool se doelwitte is, dan floreer begaafde kind soos ek gelewe het tussen die klomp.
            Dan weer die ouers wat nie kan aandag skenk normaal, wat nog spesiale behoefte? Ek is baie bly oor jou onderwerp – tickle my nog altyd, net my ma se opinie was reg en aanvaar.
            Wat is jou standpunt mev? Dit is do great as iemand met gewigtigheid my kan leer van dit
            My hele lewe was oorheers met – hy kon brein chirurg wees. Wel hy is nie. (Maak ‘n podcast!) Ek bedoel dink aan dit asb.

            Liked by 1 person

          3. Dit is een. an die groot probleme wat begaafde kinders ondervind. Hulle word nie genoeg uitgedaag nie en dan leer hulle nie om mislukkings te hanteer nie. Seuns veral. As hulle dan op universiteit uitgedaag word en misluk, beleef hulle dit baie erger as ander wat op skool reeds uitgedaag is. Is hy gelukkig? Dit is al wat op die ou einde tel. Onderwys is nie finansieel lonende beroep nie, mens gaan nooit ryk word nie, maar lonend in alle ander opsigte.

            Like

          4. Wat pla is daardie skole wat onderskeidings getalle druk uit sekere kinders,, en ek gaan toegee my ma het een verskoning na die ander begin maak vir hom. Toe raak dit regtig wreed verkeerd wat sy toegelaat het.
            My pa het my geseê- my kind Kom net deur 50 % en 51 is bonus.
            My skripsie het ek ongelooglik goed opgetstel, dosent het gevra ek moet inskryf vir M oor so goed navorsing doen.
            Dit is wat jou Kennis so interessant maak, as daai eerste mislukkihg nie aangewend word as les en realiteit – wat dan?

            Liked by 1 person

          5. Ag Maryke, dit is baie spesiaal van jou. En dan vergeet hulle jy het ook kos op die tafel nodig. My vriendin het tans krisis. Skei haar man omdat hy rondgeloop het en kind by ander vrou het. Hy werk, maar is reeds op pensioen. En nou mag sy nie van sy pensioen eis nie omdat hy nie meer bydra nie. Ek kry haar so jammer.

            Like

  2. En toe doen jy fantasties in die evaluasie! Ek is trots op jou.

    Dit klink baie moeilik om te doen! Ek het al my hand aan podcast gewaag en nie verder as die oefening vir opname gekom nie!

    Tog hou ek van mense toespreek. Ek is baie op my gemak voor ‘n gehoor. Om met ‘n onsigbare gehoor te praat is vir my baie, baie erg. Kan dit net nie doen nie. Ek is dan baie onseker en sukkel om te fokus!

    Wel gedaan vriendin! 💖

    On Fri, 21 May 2021, 06:29 Dr. Christa van Staden, wrote:

    > Dr Christa van Staden posted: ” Ek het Woensdag vertel dat ek ‘n toespraak > vir die SAOU gelewer het. Oor begaafdekindonderwys. Wel, ek het > Donderdagoggend ‘n verslag daaroor gekry … My hart het amper uit my keel > gespring toe ek die e-pos kry met die aanhangsel – verslag oor jo” >

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.