Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.
Op die een blog lees ek dat wit nie eintlik ‘n kleur is nie. Tog is wit vir my ‘n baie spesiale kleur.
Ek deel enkele foto’s vir die volgende kleuruitdagings (spesifiek wit) Weekly Prompts; Live in Colour en letter uitdaging: Letter S (S=sneeu).

Ek het hierdie foto van ‘n laning bome geneem terwyl ons in die winter die pad gevat het na die Nur Tau ski-oord in die platteland om Ust’-Kamenogorsk (Öskemen), so 30 km vanaf Ust. Die swart hoop langs die pad is nie klippe nie, maar sneeu wat van die teerpad afgeskraap is en in sulke klonte smelt en vries soos dit warmer en kouer word.
Daarom deel ek sommer ook ‘n foto van die ski-oord ook. Snags word dit nog kouer, tot -38 grade Celsius.

Ons het die plekkie in die somer en in die winter besoek. Die houthuisies met die sneeu rondom het mens getrek, maar in die somer het die groen gras en die kans om daar te braai, ons ook getrek. Daarom was die pandemie besonder aaklig. Die laaste sewe maande in Kazakhstan kon ons bitter min uit die stad uit kom.
Die volgende foto is van die sypaadjie tussen ons woonstel en die winkelsentrum op die oewer van die Irtish-rivier.

Soos jy kan sien, is dit bykans die enigste foto waarin ek die skittering van die sneeu kon vasvang. Dit het my laat dink dat silwer in die oggendstond in Kazakhstan is en nie goud nie. Die yskristalletjies skitter silwer in die son. Een van my foto’s wat die prag daarvan die beste vertoon. Hierdie sypaadjie tussen ons woonstel en die nuwe winkelsentrum het ek daagliks gestap. Selde om in te gaan, diot was my staproete.
In die somer is dit maar lelik en vaal, maar dit verander in ‘n sprokiesland in die winter. Die dag na die sneeu is dit lekker om op die sneeu te loop, mens gly nie sommer nie. Maar as dit eers syfgetrap is en die son skyn net effens, is dit glibberig en kan mens maklik val.
Die laaste foto is van ‘n Russiese huisie in Ust’-Kamenogorsk. as die sneeu smelt, vorm dit sulke ysstaktiete van die dak af. Ek het altyd daaraan gedink dat mens maar versigtig moet wees vir die goed.

Ek neem aan hierdie foto’s gee ‘n idee van presies hoe koud dit was, maar al die foto’s was in die daglig geneem.
Prachtige Foto’s.
Hier in Vlaanderen kunnen ook mooie foto’s gemaakt worden.
Moest Je ooit naar hier komen, laat het weten.
Ik geef Je graag een rondleiding (Gratis)
Groetjes 😀
Theo
LikeLiked by 1 person
Ag Theo, dit sal so lekker wees. Ek wil beslis iewers die land kom besoek.
LikeLiked by 1 person
Daai eerste laning bome is lieflik
LikeLiked by 1 person
Dit was so mooi, die wit gesneeude bome langs die pad.
LikeLike
Christa, How nice to see you here.
Thank you so much for taking part in our White Photo Challenge from June 2019. As you can see our challenges never close and we’re delighted you chose to link to us.
Your White photos are very lovely and especially the snow covered street lined with fir trees. What a lot of snow!
LikeLiked by 1 person
Thanks, I appreciate it. And, yes, it was a lot of snow, and very cold. -38 degrees Celsius.
LikeLiked by 1 person
Wow!
LikeLiked by 1 person
Mooi! En koud!
LikeLiked by 2 people
Baie koud, sneeu staan my nie meer so baie aan soos voor die tyd nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so pragtig Christa! Ek het nog nooit sneeu van naby gesien nie!
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon jou daaraan laat voel het ook. Dankie.
LikeLike
Dit sou wonderlik gewees het! Miskien sien ek dit eendag!
LikeLiked by 1 person
Dalkies, maar daar waar jy bly, sal dit nie sommer sneeu nie.
LikeLike
Dis verseker! 😃 Sal sneeu moet gaan soek!
LikeLiked by 1 person
Jy sal net moet, ons land kry wel sneeu.
LikeLike
👍😊
LikeLike
               Ek kan maar net wonder of ons hierdie jaar welk weer sneeu op die grond hier in Wes-Transvaal gaan kry. Ons het dit laas in 1996 gehad en ek het dit baie geniet. Sent from Mail for Windows 10 From: Dr. Christa van StadenSent: Tuesday, 08 June 2021 13:00To: johanpieterse82@googlemail.comSubject: [New post] Wit, witter, witste sneeu ⦠Dr Christa van Staden posted: " Verskeie bloggers vra die week dat fotoâs gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende fotoâs waarin wit die oorheersende kleur is. Op die"
LikeLiked by 1 person
Hoop ons gaan kry, maar ek het in KAz genoeg gekry vir baie jare, dit was sewe maande lank spierwit om ons. Dankie vir die saamgesels.
LikeLike
Wit is beslis ‘n kleur. Ek geniet steeds jou sneeufoto’s.
LikeLiked by 1 person
Ekke ook, Toortsie, die sneeu is spesiaal, mens vergeet dat jy werklik daar gebly het.
LikeLiked by 1 person
Mens vergeet so gou. ❤️
LikeLiked by 1 person
Tog kry ek baie kouer hier as in Kaz.
LikeLiked by 1 person
Ons SA huise is nie ingerig vir koue nie en krag is duur om dit self warm te maak
LikeLiked by 1 person
Dit is presis net so, dit is te duur om self warm te maak.
LikeLiked by 1 person
Ongelooflik. En brrrr. Mooi foto vriendin!
LikeLike
Dankie en ja, baie, baie koud.
LikeLike
Die perspektief in die foto is goed raakgesien!
LikeLiked by 1 person
Vertel meer asseblief.
LikeLike
In kort is dit pragtig hoe die ry bome van groot (naby) na klein (ver) afgeneem is. Dit gee die gevoel van afstand en ruimte. (By my slim ma geleer.) 😀💖
LikeLiked by 1 person
Dit doen beslis, dit strek in die toekoms in – waar dit ook baie koud was.
LikeLike
Ekskuus. Ek het die laning bome bedoel. Dit is ‘n ongelooflike foto. Ek kan net kyk en kyk. 💖
LikeLiked by 1 person
dankie, dit is vir my ook so mooi.
LikeLike
Wel ek kry so koud dat ek verwag om sneeu te sien elke keer as ek by die venster uitkyk!
LikeLiked by 1 person
Hahahahahahahaha, presies net so!
LikeLike
Skuus dat ek lag, hoor, ek kry net so koud. Sien sowaar sneeu in die wolke …
LikeLike
Hier lyk dit asof dit enige oomblik kan begin sneeu…vreemdste wolke in die lug.
LikeLiked by 1 person
O jitte, vriendin en ons is op pad stad toe.
LikeLike