Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Die bytjies en die blommetjies in Öskemen

Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.

Ons het die heel eerste aand in die werk se Landcruiser vanaf die stad gery, kwart om die sirkel met die dansende poppies, en toe oor die brug oor die Irtysh rivier. By die eerste robot daarna het die bytjies op die blommetjie gestaan – baie, baie groot. Kyk hoe klein lyk die vragmotor in die straat.

Daar het ons links gedraai om na die woonstel te ry waar ons aanvanklik gebly het. Toe het ons nog nie vir Dusty gehad nie, dus het ons per taxi of die werk se bakkie die pad van en na die woonstel aangedurf.

Later het ons in die stad gebly, vir Dusty gekoop en met haar die wêreld om Oskemen verken. En so het ons gereeld verby hierdie mooi baken gery. Soms was dit in die sneeu, soos op die foto. Ander kere was die sneeu gesmelt en het ek ook my kamera uitgehaal om foto’s te neem.

Ons het baie keer by die robot reguit aangery om by ons gunsteling plekke vir inkopies te kom. Metro vir kos, die mark vir vleis en heuning en kaas, Technodom vir elektriese ware. Die ou deel van die stad is werklik baie oud.

En ons het ‘n paar keer ook verder gery om na die vyf mere te gaan. Plekke waarvan die plaaslike mense nie eens geweet het toe ons hulle daarvan vertel nie. Maar mens moet onthou dat baie mense nie motor het nie – dit is onnodig weens die goeie bus-, trein en taxi dienste. Ook omdat daar nie garages vir almal se motors is nie.

As jy by die robot regs draai, vat jy die pad na Almaty die vorige hoofstad van Kazakhstan. En ook na ‘n ander gunsteling winkel – ek het die naam sowaar amper vergeet – Arzan. Ook vir kos en huisgoed.

Die mense van Kazakhstan hou van mooi. Van kleur. Miskien omdat alles sewe maande lank onder die sneeu is? Dalk omdat dit lank vaal is voor die kleur uitkom na die sneeu gesmelt het.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Die bytjies en die blommetjies in Öskemen

    1. Haai Positief, dit is goeie vraag waaraan ek nie gedink het nie. Wat ek wel weet, is dat daar waarskynlik ‘n baie goeie rede vir die blommetjies en die bye is. Kazakhstan, maar veral die deel waar ons gewoon het, is bekend vir heuning. Hulle hou selfs ‘n heuningfees waartydens mens die verskillende soorte heuning kan toets en koop. As ek reg onthou, kon ons 35 verskillende soorte heuning in Ust koop. Ons het maar altyd na die kleur gekyk – ons verkies ligte heuning. Maar daar is soorte wat baie, baie donker is. Die soorte word veroorsaak deur die verskeidenheid blomme wat die bye besoek. En die sonneblomme herinner mens aan die sonneblom landskap wat jou in die somer begroet as jy die platteland invaar. Ek wens so ek het geweet daar kom ‘n pandemie, dan sou ek waarskynlik baie meer probeer ontdek het.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.