My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.

Ek skryf dit ook sommer vir Jez se Water, water everywhere uitdaging in. Onthou asseblief dat dit ‘n skermskoot van my oorspronklike foto is.
Die foto is in Öskemen – ook bekend as Ust’-Kamanogorsk in Kazakhstan geneem – in 2019, toe mens nog vrylik kon beweeg soos jy wou.
Ek het al oor die oggend geskryf toe ek die foto geneem het. Ek het gaan stap en besluit om in die bosse langs die rivier in te gaan om te kyk hoe die rivier lyk. En toe kry ek hierdie mooi prentjie voor my … En skielik besef ek dat ek in ‘n wildvreemde land is waar ek niemand ken nie, alleen in ‘n digte bos is. Sonder dat my man weet waar ek gaan stap het. Ek het teen ‘n spoed uitgehardloop en vir myself gelag toe ek weer veilig in die straat was.
Later het ek eers werklik besef hoe veilig ‘n vrou in Kazakhstan is. Hier is verkragtings aan die orde van die dag. Verkragters hoef niks te vrees nie. Daar word ‘n verkragter nie net in die tronk gegooi nie, hy word ook chemies gekastreer om nooit weer so iets te kan doen nie. Dit is hoe vrouens veilig te hou.
Pragtige weerkaatsing. Waarom hulle dit nie met alle verkragters en veral pedofiele doen nie, gaan my verstsnd te bowe. Ek weet dat verjragting nie oor seks gaan nie, maar magsvertoon maar as jy ontman is, sal jy ook minder aggressief wees.
LikeLiked by 1 person
Ek skat ook so, Seegogga. As iets met pla, kan dit verwyder word.
LikeLike
Waat ‘n puik foto!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, dit was so ‘n mooi dag.
LikeLike
Besonderse foto!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek waardeer dit.
LikeLike
Pragtige foto! Ek hou van berge en die water, Christa!
LikeLiked by 1 person
Ekke ook – berge trek my beslis.
LikeLike
👍
LikeLike
Waters waar rus is….en die onstuimige see. Dis my happy place
LikeLiked by 1 person
Myne ook, sommer baie.
LikeLike