Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Hartbeespoortdam, Suid-Afrika

Ek het al ‘n hele paar keer daarteen gestry dat ek ‘n reisiger is. As ek egter deur my foto’s blaai, kan ek nie anders as om te dink dat ek wel een is nie. Maar, dit moet ek dadelik byvoeg, ek is die soort wat die omgewing om my verken, eerder as om uit ‘n tas te leef.

Toe ons in Ruimsig gebly het, moes manlief my gereeld na Hartbeespoortdam toe neem. Sien Una, ek ken jou omgewing goed. Ek dink ook dit is ‘n pragtige plek om te bly. Daar is meer as een goeie gholfbaan, ek kan sommer dadelik aan drie dink. En dan is daar natuurlik die dam.

Hierdie foto waaraan my iPad my vandag herinner, herinner my juis aan een so uitstappie na die dam.

Dié keer kon ek manlief oortuig dat ons in die kabelkarretjie op moes ry – om die aarde van daar bo af te aanskou. As jy jou kaarte reg speel – en daarmee bedoel ek as jy daar bo bietjie rondbeweeg – het jy ‘n 360 grade uitsig oor die dorpie, die dam en ook aan die ander kant van die berg. Dit het gevoel of ek tot in Mooinooi kon sien. Dalk selfs heelwat verder?

Ek het my verkyk aan die mans en vrouens wat oor die rand gespring het, slegs met ‘n stukkie lap en toue om hulle veilig aarde toe te neem. In die absolute geloof dat dit wel sal oopgaan. Soveel vertroue het ek nie in daardie stukkies lap en tou nie, dit is een ding wat ek beslis nie sal doen nie.

Maar – waaraan sou ek my kon vergaap as hulle dit nie gewaag het nie?

Min goed is vir my so mooi soos die son wat kol-kol op die aarde skyn. Soos ‘n verhooglig – om sekere plekke uit te lig. Te beklemtoon. Is dit nie mooi nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

21 gedagtes oor “Hartbeespoortdam, Suid-Afrika

        1. Haai seegogga, lag ek nou lekker. Seker maar? Ek het dit egter begin doen omdat die muse soms op een dag kom en my vier of vyf goed laat skryf en dan bly sy soos ‘n steekse donkie weg. Op die oomblik bly sy so bietjie weg, want ek is besig om ondersoek in te stel na die statistiek wat WP vir my stuur. En ek gebruik dit om my webwerf vir mense toegankliker te maa – soos wat ek al lankal moes – maar ook om seker te maak ek weet presies watter skrywes van my elke liewe dag gelees word.

          Like

  1. Dis net ‘n klipgooi ver van my af, maar ek kom nooit daar nie. Behalwe as ek een keer n jaar vir Una gaan kuier. Dis eintlik ‘n skande dat mens so min uitkom

    Liked by 2 people

  2. Ons bly net ‘n klipgooi weg van Harties af, Grim het juis Sondag toe ons van Jasmyn terukom so draai deur die plotte gaan ry. Ek het wraggies nie eers geweet daar is so baie nie. Altyd lekker om te explore, ons land het soveel mooi plekke

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.