Gepubliseer in Joernaal

‘n Reënboog vir my

Van kleinsaf fassineer reënboë my. Enige deel van ‘n reënboog. En alles wat daarmee gepaard gaan – gedigte en liedjies en foto’s. Soms het ek net ‘n oomblik om die foto te neem …

Soos toe ek hierdie pragtige prent voor ons oor die pad gesien het. Manlief wou nie stop nie, dit is ‘n slegte pad. Lang rye motors hoop agter trokke op. As jy eers afgaan, kom jy nie weer in nie. En hy was so pas verby al die trokke wat ons laat ophoop het.

Die foto is op die N14 geneem, uit Venstersdorp se rigting na Ruimsig se kant toe. Dus op die deel van die pad naby die Denny sampioenfabriek. Ek moes maar deur die voorruit neem, verskoon dus die merke – dit was op die voorruit van die bakkie.

Die prentjie self is iets wat ek moes deel. Ek wou al nadat Scrapy hare gedeel het, maar toe vergeet ek om die foto te gaan soek. My iPad het egter besluit om dit sommer namens my te doen …

Ek het die spel met lig en donker geniet. Donker doer ver bo, lig onder die reënboog.

Het jy ‘n soortgelyke foto?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

27 gedagtes oor “‘n Reënboog vir my

  1. Dis ‘n pragtige foto en wat die foto spesiaal vir my maak is die feit dat daardie ‘merke’ die ‘merke’ is van insekte! Ek het nie baie lank terug ‘n artikel gelees (aanlyn) waarin daar gese word dat die eerste teken dat insekte minder raak (later uitsterf) is die ‘merke’ wat nie meer op karre se voorruite gesien word nie. Toe ek dit lees, het ek dadelik teruggedink aan jare terug toe ek gery het en my voorruit so vol merke was en nou is dit slegs enkeles. Dis hartseer om so daaraan te dink.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.