Ons geniet dit om vir my verjaarsdag as gesin saam uit te eet. Hierdie foto is op 13 Augustus 2017 geneem, dus 4 jaar gelede. By De Vette Mossel by Harties. Una, ek neem aan jy ken die plekkie?
En so herinner my iPad my aan die foto, so dag voor my verjaarsdag. Seker maar omdat ons nie op die dag gaan uiteet het nie.
Ek het die naam De Vette Mossel die eerste keer iewers aan die kus gesien. Dink ekkek. Maarnou wonder ek, was dit in Parys (Vrystaat?) nie?
Ons was nie honger nie, maar ek het geweet dat ek dit moet beleef. En toe ek dit by Harties van die pad af sien, het ek net geweet dat ek daar wil gaan eet. Vir my verjaarsdag.
Saam met my manlief en kinders. Dus het ek die nooiwerk gedoen, ‘n naweekdag omdat ek in die week verjaar het. Gewoonlik verkies ek my verjaarsdagete op my verjaarsdag.
Dit is ‘n buitelug restaurant en mens kan eet soveel soos jy wil. Nie dat dit vir my lonend is nie, ek word gou vol. Teen die tyd wat die nagereg bedien word, proe ek skaars daaraan.
Maar, oe, jitte! Ek sal baie opoffer vir ‘n heerlike ervaring. Een soos wat De Vette Mossel mens bied.
Die vloer is seesand, die eetplek onder tente. Dit is rof en grof afgewerk, met bordjies soos die ene in my hand om te vat ek foto’s te neem. Ons het met ‘n hele paar gespeel.
Dit voel soos vakansie by die see. Almal skop skoene uit en sit kaalvoet by hulle tafels, loop kaalvoet rond.
Daar is baie vir kinders om te doen. My kleinkinders het sommer so by ons voete gespeel in die sand terwyl ons eet en eet en eet … Hulle was nog heelwat kleiner.
My manlief hou daarvan om my vir my verjaarsdag met ‘n ete te bederf.
Verlede jaar het ons einde Junie tydens inperkings in die Almaty aangekom. ‘n Maand en ‘n half voor my verjaarsdag. En restaurante was toe as gevolg van Covid. Onsmagook nie gekuier het nie, slegs drie mense mag saam gewees het.
Toe besluit ons om my verjaarsdag alleen in die woonstel in Almaty te vier. Hy het nuwe messegoed en breekgoed en plekmatjies en glase gekoop dat ons tweetjies my 60ste in styl kan vier.
Alleen. Soos die land se protokols beveel het.
As ek nie saam met my kinders op my verjaarsdag kan wees nie, verkies ek om die dag alleen saam met manlief te vier. Die kinders het gevideo bel, dus het dit gevoel of hulle wel naby was.
Maar ek wou mos eintlik vertel van die verjaarsdagete by De Vette Mossel.
As jy De Vette Mossel nog nie beleef het nie, moet jy regtig ‘n plan maak om daar uit te kom. Ek kan dit aanbeveel. Die kos is heerlik, maar die atmosfeer maak die dag! Dit is ontspanne, sonder gejaag. Heerlik.
Vanaand beproef ons ‘n restaurant in die stad waar ons nou reeds bykans drie weke bly. Neffens Pretoria. Saam met seun, skoondogter en kleinseun. My dollatjie gaan nie daar kan wees nie, sy het mos middel Julie Gauteng vir die Wes-Kaap verruil.
Twee weke later het ons twee die Noord-Kaap vir Gauteng verruil. Ek weet egter dat hulle, soos verlede jaar, in die gees wel saam met ons gaan wees. Al mis ek haar vreeslik baie gun ek haar die nuwe lewe op die platteland. Dit is waar mens jou kinders moet grootmaak.
Ek het myne ook in die platteland grootgemaak.
Hoe vier jy jou verjaarsdag?
Ai hoe laat jy my nou verlang ns ons Seashack hier langs die see, wat moes toemaak agv simpel munisipsle besluite- ook met seesand ens. Ek vier my eie verjaardag maar so-so. Maar volgrnde jr hou ek dit DV groot
LikeLiked by 2 people
Ek neem aan dit is een grote?
LikeLike
Ken die plek baie goed, Christa. Vier jaar gelede het dit nog aan huisvriende van ons behoort. Neels sou julle sekerlik die aand deur julle kos gesels het.🤗
LikeLiked by 2 people
A Una, dit is so lekker om te hoor.
LikeLike
Veels geluk met jou verjaarsdag! Dit lyk my ek is heeltemal laat!
LikeLike
Jy is op die dag betyds, dankie Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Oja! Baie geluk! Geniet die dag!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie liewe Seegoggga, ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
O, is dit vandag? Hartlik geluk! Mag dit ‘n wonderlike dag wees!
LikeLiked by 1 person
Hmmm, ja dit is vandag. Baie dankie vriendin, ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Nou sien ek dat ek dit al voorheen op my google calender gesit het. 🙈
LikeLiked by 1 person
Ek voelbevoorreg, dankie vriendin.
LikeLiked by 1 person
Geluk met jou verjaarsdag.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Scrapy, ek waardeer dit.
LikeLike
Het op FB gesien anders sou ek nie geweet het nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike
HI….baie geluk hoor! Ons Gv het gelukkig dit op ons Whatsapp groepie geplaas, anders sou ek dalk nie eers geweet het nie! Maar ons is bly jy is nou in die beskawing en hoop jy het ‘n heerlike dag gehad!
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe vriendin, ek waardeer dit baie. Die beskawing se lug is nogal baie vuil.
LikeLike
Hmmm.Verjaarsdae is feesdae!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad.
LikeLike
Oeee, ek is hier bietjie laat, maar darem betyds op die groep. Mens moet uiteet as jy verjaar nè! Ek het hierdie jaar ‘n ervaring en ‘n piekniekmandjie gekies. Was heerlik.
LikeLiked by 2 people
Klink heerlik, jy moet bietjie vertel.
LikeLike
Baie geluk! Liewer laat as nooit, soos hulle se. lol Agter-os kom ook in die kraal. 🙂 Dit klink na ‘n lekker plek!
LikeLiked by 1 person
Ag Nikita, baie dankie, ek waardeer. Dit is regtig ‘n lekker plek.
LikeLike