Gepubliseer in Bloguitdagings,Foto-stories & uitdagings,Joernaal

‘n Warm huisie vir my woefkinders

Ek dink jy weet teen hierdie tyd hoe lief ek vir my woefkinders is. Dat hulle in Kuruman by my in die kamer geslaap het? Veral omdat ek hulle so gemis het toe ek in Kaz en Kathu gebly het.

Wel, in my nuwe huisie laat ek hulle nie toe om saans binne te slaap nie. Altans saans as ek ook slaap. Want hulle maak mens wakker …

Ons nuwe huisie het gelamineerde houtvloere in die kamer. Ek weet, ek het gesê dat ek daarna gaan kyk om nie sulke vloere te kry nie. Dit was egter nie die hoogste item op ons lysie nie.

Om die waarheid te sê, beskikbare huise het my nie toegelaat om al die boksies af te merk nie. Dus moes ons iewers skietgee. En … die vloere is nie lelik nie, hulle is ‘n pragtige liggrys/ligbruin kleur.

Ek en manlief was dit eens. Hulle sal dan maar net buite moet slaap. Maar ek was ongelukkig, dit is winter, ek weet nie of die groen plastiese iglo warm genoeg gaan wees nie.

Manlief het vier kombersies vir die klein trek vanaf Ruimsig na die huisie gekoop. Ons bietjie Kaz besittings was ook daar. Nooit vir my vertel presies hoe klein nie, dit is seker 1X1 meter groot. Dit is dik, maar ek het al my dae om dit oor die gladde ronde plasties te probeer wurm om die kinders warm te hou.

Die eerste nag het ek gereeld gaan kyk of hulle nog veilig is.

Toe maak ek maar ‘n plan.

Drie van die kombersies gaan bykans rondom die ronde huisie, regte hoogte. Toe knip ek ‘n reep van die vierde een af om dit mooi rondom te kan plaas. En oo ‘n ronde gedeelte vir bo – waaraan ek die ander kan vaswerk.

Naald en gare het ek altyd naby my. En aangesien die klein trekkie vanaf Kazakhstan steeds in my Ruimsig huis was, was daar ook naalde te kies en keur. Ek het mos al vertel hoe ek daar gesukkel het om materiaal, gare, wol en brei- en hekelnaalde te koop. My naaimasjien wat ek daar gekoop het, het ek verkoop, maar ek het die een wat gestoor is van die rivier af saamgebring om naaldwerk te kan doen.

Twee van die komberse is teen mekaar gesit om hulle met ‘n naat te heg. Maar die masjien lag vir my. Daar is geen manier waarop sy die dik komberse gaan voer om vas te werk nie. Hoe meer ek probeer, hoe meer koek sy die gare onder saam.

Sy het mos gepraat?

Dit pla nie en ek gaan haal my hekelstelletjie wat ek in Suid-Afrika gekoop het en saam gevat het na Kazakhstan. Daar het naalde ‘n fortuin gekos.

Die naald sukkel om deur te steek en ek moet vir elke steek – vorentoe en agtertoe – ‘n mes gebruik om my te help om die naald deur te druk. Dit sou nie deug nie, want ek sou baie meer as een middag nodig hê om al die nate vas te werk. En my hande was moeg na pak en trek. Uitpak.

Nuwe kombers wil ek nie gaan koop nie, want as ‘n naald so sukkel om deur te gaan, gaan die wind beslis nie sommer deurkom nie. Dit sou warm huisie wees.

Terug na die studeerkamer toe, gaan soek ek wol. Blou moet maar deug. En ‘n dik genoeg hekelnaald.

Die komberse se rande word mos op so ‘n manier omgewerk dat dit soos gehekelde rande lyk. Toe hekel ek die sye eers aan mekaar vas.

Die ronde gedeelte was ‘n perd van ‘n ander kleur. want dit het nie ‘n randjie gehad nie. Dit was een proses om die ronde gedeelte om te hekel, want ek moes die naald elke keer deurforseer. My arms het gevoel asof ek gewigte opgetel het.

Daarna het ek die lang, reghoekige vorm aan die sirkel vasgehekel, met die nodige plooitjies dat dit wel gaan pas. Die hoek was so moeilik dat ek elke nou en dan moes rus omdat hand en arm so moes sukkel.

Uiteindelik het ek wol en wolnaald gebruik om eerder vas te werk as om te hekel. soos mens sakke mielies vaswerk.

Die eindresultaat is nogal oulik, almal wat kom kuier dink so.

Ekke ook.

Ek sit ‘n lekker kussing met wolkombersie buite onder die tentjie. Want Shilo kry soms te warm en dan lê hy buite. Dit is natuurlik seker ook moontlik dat een sy gaatjie gebruik het. En daaroor uitgeboender word. Mens wil darem slaap ook …

Ek is tevrede. Want my kinders slaap snoesig in hulle huisie. Met jassies aan as dit koud is.

Net vir ingeval hulle buite rondloop.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

27 gedagtes oor “‘n Warm huisie vir my woefkinders

          1. Inderdaad. Siestog, hulle leer vinnig. Maar – hulle is die hele dag by my, om my voete, oral waar ek is. Net saans slaap elke soort in sy eie huis. Hulle buite en ons binne. My hekke het natuurlik massiewe slotte op. En die sekuriteitswag is saans op diens.

            Like

      1. Lekkerste vir my is dat al staan ek in nag op beweeg Trompie gladnie. Soggens as ek opstaan bly hy nog lê. Sy nuuskierigheid kry meestal die oorhand sodra ek uit kamer is. HY moet by glasdeur gaan kyk of daar nie ‘n kat is wat dalk verby kom nie of iemand wat vroeg met hul hond loop.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.