Gepubliseer in Woefkinders

Toe moet ek ‘n tetanus inspuiting kry …

Ons nuwe huisie is in ‘n klompleks, daardie soort waarvan ‘n paar huisies aanmekaar vas is.

Ons s’n is tweede vanaf die een kant van die gebou en derde van die ander kant af. Dus kan ons nie om ons huisie loop nie. Ons moet by die voordeur of die tuinhekkie uit om om die huisie langs ons s’n te loop as ons aan die ander kant van die huisie wil kom.

Die tuintjie is maar kleinerig, maar groot genoeg vir die woewe. Ons het ‘n stainless steel plaat teen die hekkie vasgesit, want my woewe blaf vir al die mense wat aan daardie kant met hulle woewe verby loop. Ook ‘n baie groot slot aangesit.

Nie dat hulle die hekkie kan oopmaak nie, maar om te keer dat ander mense dit doen en hulle los buite rondloop.

Tuindienste is ingesluit, maar manlief gaan die tuin self in stand hou. Vir ons is dit beter so, dan is ons woefkinders veilig.

Dit is ‘n interessante opset, want die parkering en twee garage is aan die ander kant van die huisie. En gaste kom by daardie deur in die huis in. Daardie deur is oorkant die glasdeure aan die ander kant, dus kan wind lekker deur die huisie waai.

Ons bly half op ‘n koppie, of ‘n hoogste gedeelte. Daarom waai die wind die hele dag deur die huis as ek die glasdeur na die grasperkie en die deur na die parkering oophou. Dit doen ek baie min, want my woefkinders kan met moeite deur die traliehekke klim.

Daarom hou ons daardie deur altyd toe.

Gister het ek met hulle gaan stap. Maar Bekka was stout, het die hele tyd gekerm asof iets vreesliks met hom gebeur het. Toe draai ek maar om. Haal hulle bandjies af en stap kas toe om dit te bêre. Sonder om die voordeur toe te maak.

Skielik is daar ‘n Babelse lawaai agter my. En toe ek by die voordeur kom, is BB en Bekka reeds halfpad deur die tralies. Want ‘n vrou het gewaag om met haar woef in hulle deel van die kompleks te kom.

Hulle het nou-net gemerk en nou staan die wafel en merk bo-oor hulle plekke!

Hoe kon hy?

Hulle sou nie die hond gaan byt het nie.

En hy/sy het hom/haar glad nie aan die twee gesteur nie. Seker daarom dat die twee so opgewerk was?

Maar hulle was halfpad deur, daar was nie tyd om die deur te probeer oopsluit nie. Dus moes ek doen wat gedoen moet word om hulle aan my kant van die tralies terug te kry.

En ek het net twee hande.

Alles het so vinnig gebeur dat ek nie presies kan vertel wat gebeur het nie.

Ek moes hulle seker aan die rugvelletjies vasgevat en teruggetrek het. En dit moes seker seer gewees het, want ek het beide met een pluk terug gehad aan ons kant van die traliehek. Beide het luidrugtig protesteer. Bekka het iewers in die proses geknor.

Die adrenalien het alle ander gevoelens oorheers.

Toe ek die deur toemaak, het ek eers besef my hand is seer. En toe eers onthou ek dat ek ‘n harde slag op my hand gekry het, net bokant my duim.

Toe ek afkyk, sypel die bloed deur ‘n stukkende plek op my hand.

Bekka het my gebyt!

Ek oordryf nou erg as ek dit byt noem, want daar is net een enkele tandmerk. Geen tandmerk aan die onderkant van my hand nie. Of langs die tandmerk nie.

Maar, dit is ‘n gat wat deur my woef se tand veroorsaak is.

Dus is ek badkamer toe om my hand in warm water met Dettol af te spoel. Lekker ironies, want ek het die Dettol die oggend in die tweede badkamer se kassie gaan sit. Voorgevoel? Voorbereiding?

Toe bel manlief, hy is op pad terug huis toe.

Ek vertel van die bytplek en hy dring daarop aan om my dokter toe te vat sodra hy by die huis kom. Ek moet ‘n tetanus inspuiting kry.

Oor honddolheid hoef ons nie bekommerd te wees nie. Daar is wel hondsdolheid naby Muldersdrift, maar dit is ver van ons. Ons was nie in daardie geweste nie. My woefkinders se inspuitings is op datum. En hulle het – toe ons hulle oorsee sou neem – getoets dat hulle nie die kiem dra nie.

Maar hulle tandjies is vuil en ek kan nie ‘n kans waag met klem-in-die-kaak nie.

Dokter kan maar besluit of ek die inspuiting moet kry of nie.

Ons bly naby ‘n groot kliniek met baie dokters, wat ook 24/7 oop is. Ek bel vir afspraak, maar kan nie een bespreek nie, moet net inkom dat die nooddokter my sien.

Daar gekom roep die suster my bykans dadelik na die noodkamer toe.

Maak die “wond” skoon en toe kom sy met die inspuiting aan. Stem saam met manlief.

Kan geen kanse waag nie, ek moet die tetanus-inspuitng kry.

Manlief het vertel dat dit seer is. En ek het om een of ander onverstaanbare rede ‘n vrees vir naalde. Maar die inspuiting is nie seer nie.

Dokter kom toe later in, kyk na die wond, sê dat dit baie oppervlakkig is en dat al die kieme waarskynlik reeds uitgebloei het. Maar mens moenie kanse waag nie, daarom skryf hy ook ‘n antibiotika voor. Smeer ‘n roompie aan en plak ‘n pleistertjie op.

Ek moet die hand baie skoon hou. Seker maak dit word nie rooi nie, vorm nie knoppe nie …

Manlief moes weens covid-regulasies in die bakkie wag …

Ek klim vol bravade in, dit was nie seer nie.

Toe gee hy net so ‘n skalkse laggie.

Ons praat weer môre …

En hy weet waarvan hy praat. Honde het hom – toe hy in standerd 8 was – op straat aangeval en gebyt. Die dokter het vir hom vertel dat daar altyd ‘n tetanus-inspuiting gegee moet word, want honde se tande is vuil. Die seer kom die volgende dag …

Die kliniek het presies gedoen wat hy voorspel het. Ek kan hom seker nou dokter Van Staden noem?

Vanoggend lyk die “wond” goed.

Maar ek staan met ‘n lammie in die linker bo-arm op.

En toe weet ek waarvan hy gepraat het … die seer van die tetanus-inspuiting. Ek is deeglik bewus van die seer elke keer wat ek my arm oplig of gebruik.

Ek het nogal so ewe wintie vir hom gevra waarom ek die inspuiting links kry as ek aan regterkant gebyt is. Wel, dit is seker die rede? Dat ek darem steeds kan werk … Hoe sou ek vandag werk as regterarm so liggeraak was?

Bekka voel glad nie sleg nie, glad nie skuldig nie.

Miskien omdat hy weet dat dit nie aspris was nie?

En ek is nie kwaad nie.

Ek het hom seker baie seergemaak met die terugpluk. Sy adrenalien het ook hoog gehardloop, hy was in ‘n bekgeveg met ‘n ander hond – wat wel nie aan die bekgeveg deelgeneem het nie. Dalk was dit die rede waarom hulle twee so opgewerk was?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

38 gedagtes oor “Toe moet ek ‘n tetanus inspuiting kry …

  1. Ek het eenkeer gelees van n omie wat dood aan klem in d kaak is nadat sy worsie hom ook per ongeluk hom liggies gebyt het, so dis maat beter so. Arme babatjies wat daardie inenting kry!

    Liked by 1 person

    1. Lame, as if I have lifted weights. That sounds nice, let me have a look at images. Yes, that is the idea, but single storey. We call it town houses, which can stand alone, or be connected like the one we bought. It was quite a move from a large, four bedroom double storey house to this little place, but we thought about aging and security without the slag of living in an estate with all it’s rules and regulations as we have done the past 16 years. We kind of get used to the idea when we lived in Kazakhstan in flats for 18 months.

      Like

      1. I am pleased to hear that you have adopted a sensible aboad in your declining years😁I am 67 my wife 72. Yes, single storey and we do call those Town Houses here in Australia. Back in England we referred to them as Bungalows. An Indian word.

        Liked by 1 person

  2. Ja jong ek glo ook maar aan die inspuiting. Eerder veilig as wat jy klem in die kaak kry. Dit is darem vir twee jaar geldig. Met kat se krap het hul ook dadelik my ingespuit. In SA het ek ook maar inspuiting gekry as n geroeste spyker my gekrap of gesteek het.

    Liked by 1 person

  3. Ek het laas jaar ‘n klem in die kaak inspuiting gehad en ek is vrek bang vir naalde, inspuiting self was nie seer nie, dag daarna was bo-arm effens gevoelig, maar dit was gou verby

    Liked by 1 person

      1. k was dom en het my hand in die 1 hond se mond gedruk toe 2 van hulle baklei het. Volgende keer druk ek eerder my vinger in sy agterstewe (ek het gehoor dit help, maar die moed begewe my nog). My regterhand se ringvinger was gebreek na die onderonsie

        Liked by 2 people

    1. ‘n Woef is a dog, a loving way to refer to your pet doggie. So we call them woefkinders – or dog children. The nice English version would be furry kids, but referring to both cats and dogs, I prefer woefkinders. I do not have cats. don’t like cats; therefore, I do not have an Afrikaans version for that.

      Like

          1. It’s a novel concept for us because all our dogs have been working dogs,farms or Police dogs. They always lived outside. In the back kitchen sometimes but never right inside. Our guards protectors,shepherds,never children.

            Liked by 1 person

          2. Interesting. Yes, I grew up with same values. But then I got a Miniature Schnauzer, and breeded two more. They are my protectors, but also my friends. Stay all day in the house, travel with us, are groomed (more expensive than my own hair do) and even slept in our bed. But they are now sleeping outside, they wake us up at night and then we feel horrible the next day due to lack of sleep. Indeed our kids, furry kids.

            Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.