Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings

My iPad laat my erg verlang

My dogter, skoonseun en die drie oudste kleinkinders het middel Julie Kaap toe getrek. Wes-Kaap, Stilbaai se area. En nou geniet my iPad dit om my elke liewe dag aan hulle te herinner. Asof ek sal vergeet?

Hierdie foto is in 2015 geneem toe haar middelste nog babatjie was. Hy is nou in graad 1. En hy is baie, baie lief vir ouma en oupa. Veral vir ouma. Maar oupa weet hoe om hulle aandag te trek …

Dit was by die kleuterskool se sportdag en ons het gaan kyk hoe ouboet aan alles deelneem. En natuurlik pa en ma aan die aflosse vir mans en dames.

Die atletiekdag was groot pret. Die ouers het stalletjies opgemaak en volgens die temas van hulle stalletjies aangetrek. Ouma en oupa het gekyk en pop gespeel met ons toe nuutste toevoeging tot die uitbreidende gesin.

Vandag het ek vier kleinkinders, terg so nou en dan vir seun dat hy nie alleenkind kan groot maak nie.

Tans is mens maar eerder versigtig met babakry, hospitale is nie die plekke waar ons wil wees nie. Buitendien, dit gaan aaklig wees as ons die babatjie nie in die hospitaal kan gaan besoek om te vertel van hierdie ouma en oupa nie …

Buitendien.

Ons jongste kleinkind is gebore toe die land net in vlak 5 inperkings ingegaan het. En terwyl ons oorsee vasgekeer was. Hy is dus nog jonk, daar is baie tyd vir nog kleinkinders.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

22 gedagtes oor “My iPad laat my erg verlang

  1. Kleinkinders is darem maar lekker! Vier van ons ses kleinkinders woon permanent oorsee. Mens verlang jou dood! Geniet jou kleingoed, hulle word heeltemaal te gou groot.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.