Gepubliseer in Joernaal

My twyfelagtige voorreg

Ek het vertel ons het in ‘n klein kompleks ingetrek. Regtig klein.

Afhangende van hoe die huisies van die garage se kant trapsgewys gespasieer is, is die voorste erfies van party erwe regtig baie klein. Piepklein. As jy van die stoepie afstap is jy teen die voorste heining (muur). Sommige van die mense het pergolas oor hulle stoepies gesit het. En dan hang hulle hulle klere aan die balke van die pergola.

Myns insiens lyk dit regtig baie sleg, baie woonstelblokke sou dit beslis nie toelaat nie.

Tog herinner dit my aan Kazakhstan, waar mense in sommige van die ouer blokke hulle klere oor die stoepies in die lug gehang het. As mens dit stoepies kan noem. Vir my was dit meer iets soos gevaartes in die lug.

Iedergeval, ek het na een maand hier genoeg daarvan gehad.

En toe die huis op ons naam is, het ek versoek dat die mense aangespreek word.

Nou wonder jy seker waarom?

Die ophang van die klere lyk vir my baie sleg, maar dit is nie vir my so problematies soos die feit dat sommige van die vrouens hulle broekies oor die nek van die hangers met bloese, t-hemde en hemde hang om droog te word nie.

As ek dus op my stoepie van my klein erfie sit, of buite met die honde speel, is die wapperende gekleurde vlaggies al wat ek sien. Want die dakke van die pergolas is veel hoër as die mure wat ons erfies skei. As my kinders kom kuier, kyk hulle op die onderklere as ons sit en eet. Of buite in die tuintjie met kleinseun speel.

Ek weet nie hoe vrouens nie kan verstaan dat onderklere presies net dit is nie. Onderklere. Dit is nie veronderstel om in die publiek gewys of opgehang te word nie.

Fyn goedjies word vinnig en maklik in die huis droog, op ‘n droograkkie. En mens kry opvoubare droograkke vir kouse en so aan wat buite opgeslaan kan word. Die kouse word nie so gehang nie, dus neem ek aan dat s]die vrouens wel so iets het. Of ‘n manier om die kouse droog te kry.

My klagte het gelukkig nie op dowe ore geval nie. Die opsigter het blykbaar reeds voorheen met die mense oor die klere gepraat. Dit is Sondag weer opgehang. Maar die vlaggies is nie weer gehys nie.

Halleluja!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “My twyfelagtige voorreg

      1. Is so, ek sou ook nie wou nie. Dis net onwelvoeglik as ek so ‘n mooi woord kan gebruik. Volgens my wys dit ook iets van die persoon wat dit so doen. Nou glimlag ek vir myself as ek daaraan dink dat as ek my wasgoed buit in agterplaas ophang word onderkleertjies so opgehang dat mens dit nie kan sien as jy na die vol wasgoedlyn kyk nie.

        Liked by 1 person

  1. Ons het ook dieselfde probleem waar ons nou ingetrek het, nieteenstaande die feit dat daar drie plekke is waar wasgoedlyne in is, en dis lang en baie lyne en hier is net 12 woonstelle. So niemand het ‘n rede om wasgoed oor balkonne te hang nie. Ek self hang eerder my goed op die lyne want dit word net netjieser en vinniger droog….MAAR…ek het n klein kontrepsie wat ek op my stoep sit (wat niemand kan sien nie!) waar ek onderklere ophang. Gelukkig het ons opsigter ook vinnig die rampokkers vasgevat. Dit laat my dink aan die jare toe ek in JHB gewerk het…as die trein nader aan Jeppe Stasie toe kom, het die klere en komberse so uit al die geboue gehang!

    Liked by 1 person

    1. Dit is waaraan ek ook gedink het, Woordnoot. Wasgoed so opgehang lyk nie vir my te sleg nie, maar panties wat so oop en bloot hang is nie iets wat ek wil sien nie. Dan dink mens ook aan al die ams wat hier bly, die kinders en die werkers.

      Like

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.