Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan

Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.

Een so ‘n foto is hierdie ene, wat op 20 Februarie 2020 geneem is.

Hierdie roomysstalletjie voor die restaurant skuins onder ons woonstel het my altyd gefassineer. Waarom verbeel ek my dat sy naam daVinci was? Ek kan egter nie met sekerheid sê nie. Dit het my gefassineer omdat ons teen die einde van die winter (5 Maart 2019) na Ust getrek het. Vir roomys was ek beslis nie lus as ek buite was nie.

Die sneeu het toe nog dik gelê, anders as in 2019 wat warmer was met die gevolg dat die sneeu toe al op baie plekke gesmelt het om swart ys te los wat glibberig is en mens maklik op jou rug kan laat beland as jou voete onder jou uitgly.

Ewenwel, 2020 was baie kouer as 2019. Die sneeu het nog dik gelê voor die restaurant en die plekkie vir wegneemetes. Ek kan nie glo ek het beide se name vergeet nie, dalk kan Mia help? Soos reeds genoem, verbeel ek my dat die restaurant se naam iets soos DaVinci was, maar ek praat nou onder korreksie.

Voor die twee restaurante is daar ‘n speelpark vir kinders, net so kleurvol soos hierdie roomysstalletjie. Sien agter op foto.

En ja, ons het in die somer wel daar gestop vir roomys. Nie vir my nie, laktose-weerstandigheid het my op my ouer dag kom inhaal. Ek kan geen melkprodukte gebruik nie. Maar manlief kon dit nie weerstaan om daar te vra vir ‘n draairoomys nie.

Vra is eintlik die verkeerde woord. Eerder te beduie wat hy wil hê, met ‘n vinger in die lug en “adien” om aan te dui dat hy net ene wil koop.

Baie keer het hy net sy hand met kleingeld uitgehou. Dan het die vrou agter die toonbankie die regte geld uit sy hand getel. Want ons het nie altyd die getalle so reg verstaan nie.

Kazakhstan se note begin by 200 tenges, dan 500 tenges en dan 1 000 tenges. Die res is kleingeld, wat dit makliker gemaak het om die persoon te vra om sommer self die regte geld af te tel.

Ek het dit nooit gedoen nie …

Blogvriendin Una het die ander dag gevra of ek na Kazakhstan verlang.

En dit is interessante vraag. Verlang is nie die regte woord nie, eerder heimweë na ‘n lewe wat ek daar agtergelaat het voordat ek regtig kans gehad het om te groet? Weens ‘n pandemie wat alle vryhede gesteel het.

Of bloot heimweë na ‘n lewe wat verby is, ‘n ervaring wat my verryk het, ‘n album vol duisende foto’s wat nog nie gepubliseer is nie, duisende foto’s wat my herinner aan die vryheid en veiligheid wat ons in die land beleef het.

Veral omdat ons voor ons gegaan het goed die skrik op die lyf gejaag is deur wat ek op Google gelees het. Interessant dat Google nie poog om daardie onwaarhede uit te sif nie.

Want ons het Kazakhstan as ‘n wonderlike plek beleef waar kinders veilig grootgemaak kan word.

‘n Plek wat net voor Suid-Afrika onafhanklik geword het (1991 versus 1994), maar wat sedertdien net vooruitgaan. Om ‘n veilige werks- en leefomgewing vir sy inwoners en kinders te bied.

Ons land het die mekka vir skelms geword.

So terloops, anders as in Suid-Afrika, is die winter in Kaz verskriklik mooi. Hier is dit vaal en stowwerig. Daar is dit oral spierwit, met grasgroen takke van dennebome en stamme van home wat bladwisselend is en al die blare afgegooi het. En dan staan hierdie kleurvolle roomysstalletjie en speelpark uit.

Nie dat mens wil koop of op die goed klim nie, dit is onmenslik koud as die sneeu so dik lê en nie eens poog om te smelt nie. Daardie tyd van die jaar is dit steeds laer as -15 grade Celsius, maar val die temperatuur maklik baie laer … en kan dit steeds naby 130 grade Celsius draai …

So terloops, dit is lekker om te weet dat ek die skrif steeds kan lees. Al verstaan ek die woord nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan

    1. Now I have read it, it is a lovely memory and what’s names ice cream would once have been nice for you.
      My wife is in her 70s and has become dairy intolerant,maybe it is an age thing? I by vegan mayonnaise for her,which is very nice and seems to have lots of mustard in it.

      Like

      1. My favourite is Ola ice creams, any of them. I think one is death by chocolate, that was too rich for me. With almonds was the best, and mint. For now I have to eat the ones made from water, which are also not tooo bad. I miss the creaminess of ice cream, but am really sick if I do eat it. So, I have learned after many mistakes, just forget the taste. And then I loved the ones bought at cinemas, we call it draai roomys, the ones they do for you, with nuts. O well, I just can’t eat it any more.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.