Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?

Ons het die naweek N1 om gery na ons plekkie langs die Vaal nadat ons jare lank die pad tussen Parys en ons plekkie vermy het. Kan ek raai tien jaar? Hoofsaaklik weens baie slegte slaggate, wat ons al meer as een keer langs die pad laat staan het met ‘n waentjie waarvan die wiel gebars het.En toe weens padverbouings …

Dus het ons maar die moeilike pad gevat. Stop-stop-stop en nog baie keer stop en stadig-baie-baie stadig deur Krugersdorp, Randfontein en langs Westonarea verby, Potchefstoom, Orkney om gery.

Die afgelope twee kere ry ons weer Parys om. Vir my internasionale lesers … dit is nie Parys in Frankryk nie, maar ons eie Parys in die Vrystaat provinsie van Suid-Afrika.

Die vorige keer het ons sonder die woefkinders gery, toe vra ek dat ons Parys om huis toe kom om by een van die plekkies langs die straat middagete te eet. Parys is steeds vir my ‘n pragtige dorpie – gemeet aan die vervallendheid van plattelandse klein dorpies soos Kuruman in die Noord-Kaap.

Die keer het manlief sommer self besluit ons ry soontoe en terug Parys om.

En toe kry ek die kans om hierdie foto’s te neem.

Wat my baie aan Hammad Rais se Weekend Sky foto-uitdaging laat dink het. Veral omdat ek lanklaas gesien het Aletta, een van my blogvriendinne, aan die uitdaging deelneem …

Ons het op die N1 vanaf Johannesburg in die rigting van Parys gery, was deur die eerste tolhek op pad na die Parys afdraai. Ek het nie mooi opgelet nie, maar ek dink dit was na die Engen garages aan beide kante van die pad …

Ons kon nie stop om die foto’s te neem nie, dit was laat en ons wou voor donker by die rivier kom. Daar was nog so twee ure se reistyd oor.

Tog het ons eers na donker daar aangekom, ons kon net sowel gestop het. Iedergeval, die foto’s is toe maar deur die voorruit van die bakkie geneem.

Vir my het die wolk soos ‘n groot voël gelyk wat na ons aangevlieg kom. Laag oor die aarde, soekend na iets (of iemand …).

Regtig. Dit het so gelyk met die son wat soos soekligte deur die twee gate, wat die oë kan wees, skyn.

Eers naby die trok wat in die teenoorgestelde rigting aan die ander kant van die pad op die N1 in die rigting van Johannesburg ry.

Wonder wat in daardie trok is?

Om die eerlike waarheid te skryf, ek is nogals dankbaar daardie soeklig het nie op ons geskyn nie. Ek sou sowaar bekommerd gewees het. Al weet ek dit is net ‘n wolk. En net die son wat deur die twee gate skyn …

Wat nogal gepla het, is dat die son die een oomblik ‘n soeklig deur die een gat gestoot het en die volgende oomblik deur die ander een. Terwyl die oog wat nie die soeklig het nie, nogal kwaai lyk …

Het jy dit gesien?

Het jy foto’s geneem?

Hoe lyk dit vir jou?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

36 gedagtes oor “Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?

          1. Ek het weer jou christavanstaden.com gekliek en kry dit gladnie. Ek dink jou skakel is nog jou ou skakel wat by jou antwoorde is. Ek het wel met jou nuwe skakel wat jy gestuur het uitgekom by jou blog. Ek sien dis gladnie dieselfde as wat by jou antwoordmasjien is nie.

            Liked by 1 person

          2. Ek behou die christavanstaden.com vir my eie CV en akademiese goed. Hierdie een is vir my blog. Ek het al my volgers na die cvs een geneem, die ander een het nuwe volgers. Jy volg dus van die skuif af cvsjoernaal.com en nie meer christavanstaden.com nie. As jy beide wil volg, moet jy christavanstaden.com ook volg.

            Like

  1. Christa, die Boediste het ‘n interessante siening hieroor. Die wolke beweeg dán voor die son,dán nie. Jy behoort gladnie hierdeur geaffekteer te word nie, ” because you are the SKY!”

    Liked by 1 person

    1. Lag ek nou lekker. Dit was eintlik vir my ‘n ongelooflike ervaring, die kommer oor soekligte omdat die son en die wolk basies stilstaan. Hoe kon die strale dan soos soekligte van die een oog na die ander beweeg? Maar, ek is glad nie bang nie, hoor. Ek is mal oor wolke dus het ek te veel foto’s om op te noem.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.