Gepubliseer in Woefkinders

Ek, BB en die pienk handsak

Ek het my altyd verkyk aan mense met hulle hondjies in handsakke. En nooit gedink ek so so word nie. wat verrassend is, is dat manlief saamspeel …

Toe kry ek vir BB in 2010. Gaan sy saam met my winkels toe. En as die winkel weier dat sy saam ingaan, koop ek ook nie daar nie. So eenvoudig soos dit.

En toe ek weer sien, kry ek by seun en skoondogter hierdie handsak om BB in te dra. En gebruik ek hom omdat dit moeilik is om haar die hele tyd in my arms te dra.

BB was baie soet, het nie haar nie aan mense gesteur nie en so rustig in die mandjie gelê, selfs al wag ek en manlief vir mense en sit ons haar neer. Langs haar op die bank is haar pop wat altyd saam met haar gegaan het.

Nadat ek haar laat babas kry het om maatjies te hê, het sy by die huis gebly saam met hulle.

Die mandjie doen steeds getroue diens, die woewe se harnasse en bandjies word daarin gebêre. En dit gaan saam as ons die pad vat rivier toe, of Kuruman toe soos ons onlangs tweeweekliks gedoen het. Kan ek byvoeg dat ek daardie pad nie mis nie. Al het ‘n stkkie van my harft in die Noord-Kaap agtergebly …

Haar twee seuns, Sobek en Shili, is egter nooit in die handsak gedra nie.

Hulle sal seker apiestuipe kry as ek hulle nou daarin sit. Selfs al wil ek dit net vir soortgelyke foto’s doen.

Soete herinneringe aan die tyd toe ons twee af is Kaap toe om ‘n stukkie grond te gaan soek. En gebly het om naby die kinders te wees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Ek, BB en die pienk handsak

  1. Dis te dierbaar. Is BB nie swaar om so te dra nie? Ek het maar my honde geleer om met tye by die huis te bly. Nancy het ek as klein hondjie saam skooltoe gevat maar dit het nie gewerk nie. Kinders was nie gewoond aan honde nie en ek moes n ander plan maak. Die tannie waar ek gebly het het haar vir n maand opgepas totdat ek n huis gekey het.

    Liked by 1 person

        1. Mens sou graag wou, maar diere is soveel meer vergewensgesind, dra nie wrokke nie, is altyd bly om my te sien, het nie geheues soos olifante wat my altyd aan my woorde wil herinner nie. As hulle by diere kon leer, sou hulle ook meer liefde van my ontvang het …

          Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.