Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings

Onverwagse groenigheid …

Blogvriendin Anne deel gister die mooiste foto’s van blomme en plante wat skielik net weer in volle blom staan. Nadat sy oorweeg het om die een uit te haal wat dood gelyk het na ‘n langdurige droogte.

Self het ek ‘n foto die vorige dag ‘n foto gedeel wat geneem is in Zhastar Park in Ust’-Kamenogorsk. Omdat ek nie kon glo dat plante net weer opstaan en groei nadat dit vir maande lank onder ‘n dik sneeukombers gelê het nie.

En toe herinner my iPad my vandag aan hierdie foto wat ek in Dubai geneem het.

Virgo sal seker presies weet waar dit geneem is, ek het geen idee nie.

Maar ek onthou dat ek dit geneem het omdat die groenigheid so onverwags in daardie bar area is.

Die foto is op 13 Augustus 2018 geneem. Manlief het my vir my verjaarsdag na Dubai geneem. En ek het toe nie geweet dat my volgende twee verjaarsdae ook in die buiteland gevier sou word nie.

Veral nie in die nuwe hoofstad Nur-Sultan (2019 – wat eers as Astana (hoofstad) bekend gestaan het. En toe vrywillig verplig in die ou hoofstad (Almaty – 2020) omdat ons toe reeds sedert Maart 2020 nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie weens die inperkings. Dit was my sestigste verjaarsdag en ek en manlief het die dag alleen in Almaty gevier – so anders as wat my hart se begeerte was om die saam met my gesin in Suid-Afrika te vier.

Die verlange om my verjaarsdag saam met my gesin te vier, is my in 2021 ook ontneem omdat my dollatjie en haar gesin toe so pas na die omtes om Stilbaai verhuis het. Natuurlik was my verjaarsdag vanjaar ook spesiaal. Manlief het vir my, seun, skoondogter en kleinseun vir ‘n fynproewersete by die restaurant op Waterfloof Golfbaan getrakteer. Baie van my hart se punte was dus wel saam met my op my verjaarsdag, wat ons in die middel van die week gevier het …

Daar dwaal ek weer vreeslik af.

Ek wou gesels oor die groenighede wat in bar, dor en ongenaakbare gebiede aangetref word. Plekke waar mens dink dat die natuur weens ‘n tekort aan water – of ysige omstandighede – boedel ingegooi het.

Net om verras te word.

Soos in Anne se dorre Oos-Kaap, die ysige Ust en die dorre, uiters warm Dubai.

Ek neem aan iemand gaan weet watter soort plant/struik dit is?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “Onverwagse groenigheid …

      1. Nou lag ek en moes terug gaan om te kyk. Ons is soos twee speurders met ‘n vergroot glas! Daar is wel pienk van die bougainvillea soort … ek het dit nie die eerste keer opgemerk nie.

        Liked by 1 person

  1. Ek weet eerlik nie waar nie, maar hulle plant Bougainvilleas orals en is regtig pragtig so in die dorre land. Al wat ek weet is ek mis die groen in SA en die wolke, dit is ongelooflik om weer wolke te sien🌻

    Liked by 1 person

  2. Jy sal dalk ‘n pienk blom Google-lens sien sê Binahong of andersins Gewone Witch Hazel. Die probleem is dat ons Skepper ‘n beperkte palet met betrekking tot blare gebruik het, so baie blyk dieselfde te wees totdat hul blomme hul geheime openbaar.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.