Gepubliseer in Joernaal

Dag 1: WRG se 21 dae van dankaarheid uitdaging

Terwyl die Wêreld Gesondheidorganisasie (WGO) alles in sy vermoë doen om die heilige vrees in mense op aarde in te boesem vir ‘n siekte waarvan 98% van die mense herstel, volg die nuwe gesondheidforum, naamlik die Wêreld Raad vir Gesondheid (WRG) ‘n ander benadering.

Mense word bemagtig met die regte kennis oor die pandemie, kennis oor medisynes wat werk en maniere om gesond te bly. Iets wat juis nou die wat reeds ingespuit is en diegene wat eers wag saam behoort te trek. Want sien, die nuwe Omnicron variant word juis in mense gevind wat “ten volle” ingespuit is en selfs ook nou in diegene wat reeds die derde “booster” gekry het. Volg hulle gerus op Telegram, ek vind bykans daagliks daar iets wat die moeite werd is om te lees.

Soos hierdie 21-dae uitdaging

Dit het al lankal begin, ek dink hulle is nou by dag 8. Ek het elke dag ‘n skermskoot van die uitdaging geneem, maar vandag gaan ek met hierdie 21 dae uitdaging begin. Want ek het nodig om neer te pen waarvoor ek alles dankbaar is in hierdie tydperk wat waarskynlik weer aan inperkings gekenmerk gaan word. Ook wat kerk toe gaan betref.

***

Op dag 1 van die uitdaging moet ek skryf oor een mens sonder wie se ondersteuning ek nie sou wees waar ek vandag is nie. Alhoewel ek baie seker is dat ek nie sou wees waar ek vandag is as dit nie vir die Here was nie, dink ek hierdie uitdaging verwys na ‘n mens op die aarde.

En daarom gaan ek oor my man skryf.

Sonder my manlief sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie. En daarmee bedoel ek nie net die huis oor my kop, die kar wat hy vir my gekoop het om onafhanklik te kan wees nie. Ek bedoel dit glad nie finansieel van aard nie.

Sonder my manlief sou ek nie twee pragtige kinders gehad het wat reeds aan my vier pragtige kleiseuntjies gegee het nie. Hulle is die lig van my lewe, die lus vir opstaan elke dag, die punte van my hart. Hulle is my alles, my gesin saam met my manlief is my alles. Januarie is ons twee 40 jaar getroud, en steeds is hy my rots.

Sonder my manlief sou ek nie uit die onderwys kon bedank om my phD te voltooi nie. En sonder die sertifikaat sou ek nie eers as nadoktorale genoot aan Pukke en Unisa meer oor navorsing en akademiese artikels leer nie.

Sonder die ondervinding by Unisa – waar ek aangebied het om op die etiese komitee te dien – sou ek nie so baie oor etiese navorsing geleer het nie. Kennis wat my gehelp het om my PhD-student te lei om sy etiese klaring met die eerste aansoek te verkry. Volgens my mede-studieleier ‘n prestasie waarmee min studente kan spog. En ek weet, baie dosente aan Unisa kon dit self nie met die eerste aansoek regkry nie.

Sonder die kennis wat ek tydens my nadoktorale navorsing opgedoen het, was dit nie moontlik om ‘n pos as navorsingsgenoot aan Kovsies te kry nie, want die pos vereis dat ek jaarliks ten minste twee artikels publiseer.

Ek is trots op die werk wat ek gereeld publiseer, veral omdat alles daarvoor uit my eie sak kom – wat natuurlik manlief se sak behels omdat ek nie ‘n vaste werk het nie en dus vir al my behoeftes van my manlief afhanklik is.

Hy het dit verdra toe ek nie tyd vir hom gekry het tydens my studies nie. Of liewer, toe hy dikwels tweede viool moes speel dat ek die navorsing kan klaarmaak.

Hy verdra dit as ek gereeld gevra word om artikels en aansoeke vir navorsing te evalueer – geheel en al gratis omdat ek nie betaling daarvoor kry nie. Verdra omdat hy van mening is dat ek hard gewerk het om die kennis te verkry en daarvoor betaal behoort te word.

Hy is my rots en ek wys dit nie altyd nie.

Hy is ‘n terggees en ek vergeet baie keer dat dit juis daardie eienskap van hom is wat my na hom toe aangetrek het. Nou wip ek my dikwels te gou. As ek die moeite sou doen om na die liggies in sy oë te soek as hy my terg, sou ek baie minder kwaad geword het.

Dankie, my manlief, ek sal jou elke keer weer kies as ek oor moes kies.

Sonder jou sou ek nie gewees het waar ek dink ek vandag is nie. Want sien, navorsing en die gehalte daarvan is ‘n subjektiewe persepsie. Tog is ek dankbaar dat jy my ondersteun het om my droom om die rooi jas te dra na te streef. Ek wou hom dra voor ek 50 is, maar het dit wel in my 50ste lewensjaar reggekry. Danksy jou …

Vir almal wat wil sien hoe my gesinnetjie lyk, wil ek regtig verskoning vra. Weens die aard van my werk, wat my meer sigbaar as voorheen maak, wil ek nie foto’s van my kinders en kleinkinders deel nie. Wens ek kon …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Dag 1: WRG se 21 dae van dankaarheid uitdaging

  1. Jou man is ‘n goeie plek om te begin wanneer ons oor dankbaarheid dink. Julle maak ‘n goeie span – ek voel net so gelukkig met my keuse – 48 jare later – en is gelukkig dat my man my altyd ondersteun het.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.