Gepubliseer in Bloguitdagings,Joernaal

Dag 6: WRG se 21 dae van dankbaarheid uitdaging

Vandag moet ek besin oor drie dinge wat altyd ‘n glimlag op my gesig sit. En dit gaan moeilik wees om by drie te bly, maar ek gaan probeer …

Die eerste ding wat ‘n glimlag op my gesig sit, is my geloof. Veral in hierdie onseker tye. En dit is veral lekker om saam met ander gelowiges te kuier.

Tweedens sit my manlief ‘n glimlag op my gesig. Nie altyd nie, ek wip my nogals baie vir hom. Iets waaraan ek die nuwe jaar moet werk, want sy gesig het eerste van aardse skepsels by my opgekom. Ons kan so lekker vir hom lag as hy woorde omruil. Hy sal byvoorbeeld een ding bedoel en ‘n ander woord gebruik. Wat soms dieselfde klink, maar iets baie anders beteken. Daar is niks fout met die brein nie. Hy is die wiskundige, somme is sy kos. Nie taal nie, alhoewel hy baie goed spel. Seker maar omdat hy met ‘n taaljuffrou getroud is? Iedergeval, as hy werk, sit hy ‘n groot glimlag op my gesig. As daar nie bloed is om te bewys hy het gewerk nie, dan is sy gesiggie besonder vuil …

Derdens sit my kinders – wat my twee aangetroude kinders insluit – en my kleinkinders ‘n glimlag op my gesig. My verhouding met my kinders is baie belangrik. Ek sal nie my eie ego ooit bo my kinders stel nie. Gelukkig wip ek my besonder min vir my kinders, hulle is my lewe. Net soos manlief. O my genade, ek kan vir my kleinkinders lag. En natuurlik leer ek ook baie by hulle. Om alles om my weer met ander oë te bekyk. Ek dink ek het die vier mooiste kleinseuntjies waarvoor enige ouma kan vra. Van buite en binne. Hulle is my hart se vier punte. Ek vermoed my hart gaan ‘n vyfde punt een of ander tyd bykry, maar ek is nie seker nie …

Ek wil ‘n vierde ene noem. My Miniatuur Schnauzers. Hulle is werklik die sonskyn in my lewe. Afhanklik van my vir alles, maar onafhanklik ook. Hulle is my skaduwees. Speel saam as ek met hulle wegkruipertjie speel. Is hartseer as ek sonder hulle ry. En super opgewonde elke keer as hulle my sien. Ek is soms kwaai met hulle, soos met BB wat ek net-nou buite uitgesluit het toe sy nie wou inkom nie. Ag shamepies, en dan staan sy by die spesifieke deur en wag dat ek weer oopmaak. Wat ‘n voorbeeld van geloof. Viervoetkinders is spesiale kinders.

Daar is soveel ander mense wat ‘n glimlag op my gesig sit as ek aan hulle dink. En ek is so effens versigtig om uit te sonder.

My familie (ouers en susters) en my handjie vol vriendinne en vriende sit ‘n glimlag op my gesig. Familie kon ek nie kies nie, maar vriende en vriendinne wel. Ek maak moeilik vriende omdat ek die kat dikwels eers lank uit die boom kyk voordat ek ‘n verhouding met iemand anders as ‘n vriendskap beskou. As ek nou so daaraan dink, is dit waarskynik omdat ek soveel kere moes bedank en by ‘n nuwe skool begin weens my man se werk. En dan kom mens agter diegene wat jou beste vriendin was, was dit ook maar net by die skool. Die vriendskappe loop dood. Dalk maak ek moeilik vriende omdat ek op ‘n plaas grootgeword het, sonder selfone en so aan? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat die groepie mense wat ek as vriende beskou, wel ‘n glimlag op my gesig sit.

Die kommentaar op my skrywes sit ook ‘n lag op my gesig. Soms ‘n lag met ‘n traan, want ek is op die oomblik baie bekommerd oor mense wat nie net om hulle kyk en krities dink nie. Ek wil soms wanhoop. Maar ek weet daar is altyd hoop. Dit gaan ook verby gaan. Die waarheid het ‘n manier om altyd uit te kom. Dit is nie maklik om ‘n leuen gestand te dryf nie. Dit is reeds besig om die damwal te breek.

En nou gaan ek afsluit met iets wat mense dalk warm onder die kraag gaan maak. Dalk gaan laat bloos. Maar ek moet net.

Ek glimlag elke keer as ek iemand sien wat alleen in sy motor is – met ‘n masker op. Want ek kan nie help om te wonder nie: Het hulle iets verkeerd geëet? Ruik dit so sleg? En help maskers daarvoor?

Iedergeval, voor ‘m skuldige my probeer reghelp, veog ek by. Volgens my dollatjie het sy hare al aan vergeet. Dit is nou toe ek my lagoomblikke oorvertel.

Die ding is net dat ek nie kan verstaan hoe iemand daarvan kan vergeet nie, ek versmoor daaragter …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Dag 6: WRG se 21 dae van dankbaarheid uitdaging

  1. Familie is so baie belangrik. Feestyd is ook ‘ geleentheid om vir vriende en familie wat ver van ons af is te onthou; om aan van party mense wat vir ons belangrik was te dink al weet ons nie meer waar hulle woon nie; en om vir die mense wat nie meer saam met ons kan wees nie te bid. Feestyd is ook mens-tyd.

    Liked by 3 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.