Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

As kleingeld getel moet word …

Woestynkind vertel sy was ‘n teller op haar dag in die bank. En dat sy vandag baie lus was om ‘n teller in die bank te help om haar kleingeld, wat sy reg in sakkies gesit het, te tel.

En dit het my teruggestuur na Kazakhstan toe. Want daar was ons nie aan Woestyn se kant van die draad nie. Ons was aan die kant van die teller wat gesukkel het om te tel.

So laat ek so bietjie daarvan vertel.

‘n Suid-Afrikaanse Rand is in Kazakhstan so 25 tot 33 Tenge werd. Kan meer of minder wees, afhangende van die wisselkoers, ek het geen idee wat dit nou is nie.

Ek het verkies om met ‘n kaart te betaal, dan hoef ek nie daar te staan en uitwerk presies hoeveel kleingeld ek moet ontvang nie. Want ons het in die 18 maande daar nie die taal onder die knie gekry nie en hulle het nie my taal of Engels verstaan nie.

Daar was egter min plekke waar ek met my kaart kon betaal. As ek mark toe gestap het, moes ek by elke vrou betaal. In harde kontant. Ek het gewoonlik maar na die pryse gekyk en besluit of ek 100, 500, 1 000 of 5 000 Tenge gaan aanbied. En dan staan ek met ‘n handvol kleingeld wat ek by ander stalletjies moet gebruik om te betaal.

Die probleem is dat ek nie verstaan het hoeveel geld hulle vra nie. Dus moes hulle dit vir my op hulle sakrekenaars wys of op papier skryf. En dan het ek maar met die grootste nodige noot betaal.

Nie manlief nie.

Die vrouens in die winkels en mark het vir hom die bedrag gegee. Dan haal hy die noot en ‘n handvol kleingeld uit sy beursie. En dan tel hulle die sente uit sy hand uit tot hulle die regte hoeveelheiod gehad het.

Het ek al vertel dat die Kazakhs eerlike mense is. Hulle het nie een keer te veel geld gevat nie, hulle hou net van die kleingeld omdat hulle dit weer gebruik om kleingeld vir ander klante te gee.

Ewenwel, dit is lekker om so na ons lewe in Kazakhstan teruggeneem te word as iemand iets skryf wat my daarheen terugvoer. Voel so amper of ek dit al vergeet het, al is ons skaars een jaar terug in die land.

Soveel het intussen gebeur. Ek hoop die vrouens van die mark in Ust’-Kamenogorsk het die inperkings oorleef en is weer daar om hulle produkte aan die mense van die stad te verkoop.

Dit was lekker om deel van hulle te wees eerder as om net vinnig deur die stad te toer.

Ek het die idee dat ek nie sommer weer oorsee gaan nie, maar mens weet nooit.

Tyd sal leer.

Vir nou is daar vir my een land en dit is my land – Suid-Afrika.

Hier waar die bevolking van die land se weiering om tolgeld te betaal vir die gebruik van ‘n bestaande pad tot die ondergang van die stelsel gelei het.

Hier waar die oorgrote meerderheid van die bevolking weier om geboelie te word. Hier wil ek bly.

Ek onthou dat ek op ‘n keer geskryf het dat ek wonder waarom my voorouers nie Kazakhstan gekies het nie. Nou weet ek waarom nie.

Hier kon hulle die weg baan vir vryheid waarna ons vandag toe nog smag. Dit is in ons are, ons vryheid is belangriker as enige iets anders. Ons sing nie verniet ons sal offer wat jy vra wanneer ons die volkslied sing nie. Dit is presies net so.

Vandag is ek dan juis dankbaar dat my voorouers die moeilike seereise onderneem het. Om ons hier aan die suidpunt van Afrika te kom vestig. Dat hulle oor die Drakensberge getrek het toe hulle onderdruk is. Dat daardie wil om self besluite te neem, steeds in ons are is.

Hooffoto: Die musikale fonteine in Ust-Kamenogork, Kazakstan. In my geestesoog sien ek dat hulle tans toegemaak is, die hele plek vol sneeu. Dit is middel winter daar. Ons woonstel was minder as ‘n blok daarvandaan.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “As kleingeld getel moet word …

  1. Kleingeld raak so swaar in ons beursies. Die enigste plek waar ek van kleingeld kan ontslae raak is by ons tuisnywerheid. As daar nie baie ander mense daar is nie en hulle sien ek het baie kleingeld, vra hulle soms of hulle dit vir note kan ruil. Hoe bly is ek dan met ‘n ligter beurs en hulle hoef nie bank toe gaan vir kleingeld nie.

    Liked by 2 people

    1. Anne, dit is wonderlik as mens dit so kan doen. Kleingeld raak inderdaad swaar, en dit is ‘n gesukkel om dit uit my beursie te kry. As ons ry het ek altyd R2 nodig as ons stop om die toilet te gebruik, daarom spaar ek gereeld een of twee in my handsak. Ek betaal egter die meeste van die tyd met my kaart, dit is soveel makliker as om geld te gaan trek. Daar is in die stad min plekke wat nie ‘n kaart gebruik nie. Dankie vir die saamgesels, ek is sommer dankbaar daar is op die platteland plekke soos jou tuisnywerheid.

      Liked by 1 person

    1. It was a story told by one of the bloggers I am following. She was frustrated with a teller who could not count small change, expecially because she was a teller when she was younger, and that should not be a difficult task, according to het.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.