Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Baba maak sy eie krukke om te loop

Ek wou die storie al so lankal vertel, maar dan laat ek dit weer staan. Want seun dink nie regtig ek is snaaks as ek vertel dat baba sy eie krukke gemaak het nie.

Wel, ek het foto’s om daarvan te getuig.

Hy was vyftien maande oud toe hy uiteindelik besluit het hy kan dit maar op sy twee bene waag. Hy wou nie ons hande vashou nie, hy wou alleen stap.

Maar vir alleen stap het hy ook nie heeltemal kans gesien nie.

Toe maak hy ‘n plan, soos wat ek eergister ook vertel het oor die een-beentjie-staan.

Vat ‘n ou besem van my en ‘n verlepte mop en gebruik die twee baie moeilik-beheerbare stokke om vir hom as krukke te dien.

En so stap hy saam met ouma deur die tuin van die huis wat ons na 16 jaar gegroet het. En waar hy op sewe maande eers vir ons gesien het. Stok in elke babahandjie, en met moeite word die een swaar besem vorentoe beweeg. En dan die ligter mop. En stap hy so met die onewe, selfgemaakte krukke.

En net om te wys dat hy in beheer is, het hy met sy krukke tot by plekke gestap en daar gebuk en met klippies gespeel.

Sy “kruk” is swaarder as hy

Net soos wat sy pappa maak as hy agter die skiboot ski. Hy buk mos ook laag af en vat aan die water. Net om te wys: Ek kan!

Ek wil nie foto’s van my kleinkinders deel nie, dus deel ek gedeelte van foto sonder om sy gesiggie te wys.

Dit is sulke kosbare oomblikke met die kleinkinders wat sin aan my lewe gee!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Kleinkindpret: Baba maak sy eie krukke om te loop

    1. Daai is waar, maar hierdie ouma is heeltemal teen huiswerk vir die baba. Sy mamma moedig my ook gereeld aan dat hy moet help, hy hou blykbaar daarvan. Vir my voel dit soos misbruik van baba, maar ek neem aan dat ek dit moet doen omdat hy belangrike vaardighede so kan ontwikkel. Soos byvoorbeeld om in spanverband saam te werk, iets wat my nagraadse studente (en sommige kollegas in skole) steeds nie kon doen nie. Dus hoor ek jou, hoor.

      Liked by 1 person

      1. Ek was nog klein (te klein om by die wasbak by te kom), maar wou met alle mag skottelgoed was. Dan het my ma vir my ‘n plastiek bak met seepwater gegee en (plastiek) bakkies om te was. My broer het dan langs my kom sit en afgedroog. En vandag geniet ek en my broer dit nog om hierdie takie saam te doen wanneer ons die geleentheid kry … maar ek’s darem bly my ma het my nie laat vee of mop nie, want daarvan hou ek niks 😅.

        Liked by 1 person

        1. Lag ek nou lekker, hoor. Dalk moet ek hom leer om te vee en mop dat hy sy geliefde eendag help? Ons het skottelgoed gewas toe ek klein was, het beurte gemaak. Ek haat dit vandag toe steeds omdat ek dit moes doen wanneer ek vertel is om dit te doen.

          Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.