Gepubliseer in Akademies,Joernaal

Vyftiende artikel gepubliseer – net ‘n genade

Ek het so week gelede geskryf dat ek die skakel na hierdie artikel sal deel sodra die artikel gepubliseer is. En ook die naam van die artikel weerhou …

Dankie aan almal wat nuuskierig was oor die onderwerp. Hier is die skakel as jy sou wou lees.

Ek is nuuskierig oor kommentaar …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Vyftiende artikel gepubliseer – net ‘n genade

      1. Aha, ek is bly vir jou part. Ek weet hoe dit voel as jy jou toespits op dit wat jy wil doen en dit vorder nie na wense nie; maak als spanningsvol. Ek het juis ‘n my laaste 5 weke skryfkursus so beleef omdat daar net nie tyd was om te gaan sit om navorsing te doen nie. Elke week was die skryf uit ‘n ander hoek en dit het tyd gevat om als agtermekaar te kry.

        Liked by 2 people

  1. Kletstoeps … wat ‘n mooi naam! Dis baie interessant om die verskille (en ooreenkomste) tussen die verskillende toeps te lees … maar genugtig Christa, jy moet geweldig baie tyd uitsit om so ‘n volledige stuk te kan skryf! Die inhoud en illustrasies is maklik leesbaar (alhoewel daar so ‘n paar termes is wat nie sommer in my gewone woordeskat voorkom nie 😉), maar welgedaan! Jy het jouself goed gekwyt van jou (skrywers)taak.

    Liked by 1 person

    1. Ek waardeer dit verskriklik baie, dankie. Daar gaan soveel tyd in dat ek moedeloos raak as ek nie tyd kry nie, maar, as die eindproduk verby die keurders kom en ek weet ek het een van die twee wat ek moet gepubliseer gekry, dan is die hemel op aarde. Ek skryf vir almal om te verstaan, die swaar opvoedkundige studieveld is nie vir my nie.

      Liked by 1 person

  2. Ek het die tabelle goed verstaan. Ek maak mos hoeka altyd lysies langs mekaar om ‘n besluit te kan neem. Goed om te weet dat Whatsapp werk. Interessant om te lees van die Universiteit wat net Telegram gebruik. Ek het ‘n opname gemaak onder my ouers toe die openbaarmaakbom gebars het en niemand was bereid om oor te slaan Telegram toe nie. Interessant om die vergelyking tussen die toepe te lees. Goed gedoen.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.