Gepubliseer in Joernaal

Bloedbroers – Gift Matjila vs Bok van Blerk

Sjoe, en hier moet ek nou ‘n tweede keer in twee dae skryf oor Suid-Afrikaanse sangers wat ek nie ken nie. En daarmee bedoel ek Afrikaanse sangers. En vergelyk ek sommer twee liedjies met dieselfde titel. Veral omdat Bok van Blerk wel bekend is.

Ek is mal oor hierdie liedjie van Gift en nou het hy nog ‘n bewonderaar. Pragtig verby, en ek geniet die video so baie. Wonder wat ek sou maak as seun ‘n slang agter my kom neerplak het? Gelukkig het hy in die stad grootgeword, maar hy het ‘n molslang in my hand gestop en ek het amper net daar die aarde gegroet, baie kwaad vir ‘n kollega – Gawie Schlebusch wat hom gehelp het met die skrikmaak.

Luister gerus na bloedbroers …

En lees meer oor hom by hierdie skakel.

Sanger en Liedjieskrywer Gift Matjila vier vriendskap in sy opregtste vorm met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo. Gift het in 2020 sy eerste …

GIFT MATJILA: ”BLOEDBROERS TOT DIE EINDE TOE”

Dan is daar natuurlik my ander sanger se Bloedbroers, wat ook aan my hartsnare raak. Bok van Blerk …

Beide het pragtige stemme, ek kan nie kies tussen die twee liedjies nie.

Kan jy?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Bloedbroers – Gift Matjila vs Bok van Blerk

  1. Ek hou baie van Bok van Blerk maar dis die eerste keer wat ek een van Gift Matjila se liedjies hoor en ek moet se hy sing regtig baie mooi. Ek hou veral van sy musiek video – die twee klein seuntjies laat my baie dink aan my nefie en peetkind 🙂

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.