Gepubliseer in Joernaal

Kan ek afblaas?

Ek wil nie graag nie, maar ek gaan tog so bietjie my lot bekla. Want ek het simpatie nodig.

‘n Maand gelede gaan ek met erge tandpyn na ‘n nuwe tandarts, een naby my. Jong vroumens, en nie groot nie.

Sy spuit die twee tande vyf keer dood, maar ek voel steeds. Want – daar is ‘n abses in die een tand. Wat sy nie raaksien nie, maar tog moes weet dat daar een is. Omdat ek dit weet. ‘n Tandarts het nog nooit aan ‘n tand van my gewerk as dit nie wil doodspuit nie.

Sy het kastig ‘n noodwortelkanaal gedoen. Op beide tande daarvoor geëis. En sy wou my die volgende week weer sien om klaar te maak.

Terwyl sy werk, het dit gevoel of my kakebeen aan die linkerkant afgeskeur word, ten spyte van die vyf inspuitings om my dood te maak, het ek dit steeds gevoel.

Toe ek tuis kom, wou skoondogter weet wat met my gebeur het, want my wang was dik opgeswel.

Die aand toe ek wou eet, kon my mond skaars oopmaak. So 1 cm oop. Ek het aangeneem dit is van die werk aan die tande, dat ek net te seer en dood is om oop te maak.

‘n Week later was daar geen verbetering nie, dus het ek die opvolgafspraak met ‘n week uitgestel.

En intussen net geweet sy het drooggemaak en ek gaan nie na haar terug nie. Elke keer wat sy meer en meer gespuit het, het sy my vertel sy wil my nie boelie nie.

En sy het my vrees op die lyf gejaag met die moewiese naald wat sy so oop en bloot na my mond gebring het.

Terug sou ek nie gaan nie.

Intussen het my hele mond onder seer geword, met die gevolg dat ek na ‘n ander tandarts is.

Die uitslag?

1) Ek het ‘n abses wat nie behandel is nie, dit moet eers gedoen word voordat sy aan my tande kan werk. Maar, sy kon aan die een voorste tand werk – die agterste een moet wag tot ek my mond kan oopmaak.

2) My kakebeen (links) is byna uit sy potjie gedruk. Dit is waarom ek my mond nie groot kan oopmaak nie – dit slaan teen die kant van die potjie vas en gaan nie reg in die potjie in nie.

3) Ek moet na ‘n kakebeen spesialis gaan om dit te herstel, want as iemand dit verkeerd terugdruk, kan dit uithaak en dan kan dit nie weer teruggesit word nie. Dit gaan my meer as R1 500 kos, vir die eerste afspraak. Geen idee of dit meer as een besoek noodsaak nie.

4) Sy het geen nood-wortelkanaal gedoen nie, die tandarts het die senuwee vir my gewys wat sy uitgehaal het. Dus neem ek aan die agterste tand s’n is ook nie gedoen nie.

Vandag is dus die d-dag by die spesialis. En ek hoop jy skiet ‘n gebedjie vir my op. Daar mag nie fout gaan nie.

En ek moet eerlik waar skryf dat ek net bid dat die probleem opgelos kan word.

Na een maand wil ek net baie graag iets in my mond sit – soos ‘n piesang of ‘n aartappel of ‘n skyfie lemoen.

Sonder om dit in dun skyfies te sny om tussen my tande deur te gaan.

Dit is nie seer nie, maar ‘n pyn skiet deur my gesig as ek my mond groter wil oopmaak.

En ek wil so kwaad wees, maar ek kan nie. Ek kon haar mos gestop het. Vir haar gesê het sy skeur my kakebeen af? Ek moes tog geweet het as ek dit deur die 5 inspuitings voel, moet dit erg wees? Maar ek raai ek wou net van die seer tandgevoel ontslae wees.

Die nuwe tandarts is ook ‘n vrou en ek het so amper geweier om na ‘n vrou te gaan. Die vorige een het my ‘n heilige vrees vir tandartse gegee. Maar die een is sag, werk saggies met my.

Ek het haar profiel gelees, gesien dat sy baie goed is met mense en kinders wat tandartste vrees en ingestap met:

Dokter, my tande is verskriklik seer. Ek dink die vorige tandarts het ‘n fout gemaak. Maar ek is nou doodbang en sien jy is goed met kinders. Mag ek vandag ‘n kind wees?

Sy en haar assistent het gesê ek mag maar wees …

Darem nie ‘n stokkielekker na die tyd aangebied nie …

En ek kan haar vir almal aanbeveel. Ry bietjie verder om by ‘n uitstekende tandarts uit te kom.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

22 gedagtes oor “Kan ek afblaas?

  1. Siestog. Ju is regtig gemartel! My man se mond wou ook eenkeer nie oop na tandartsvesoek nie. Dit blyk toe dat d inspuiting per ongeluk in d senuwee beland het( of so iets). Dit het meer as n maand gevat om reg te kom.

    Liked by 2 people

  2. Eina! Ek is vrek bang vir ‘n tandarts nadat ek jare gelde nie kon asem kry na ‘n inspuiting nie. Saterdag gaan ek om ‘n tand te trek (wat nou al vir 3 jaar ‘n probleem is), onder narkose want ek was bang ek gaan die tandarts te lyf gaan indien hy dit in die stoel probeer doen het. Gelukkig is ek nog op medies anders sou ek die minder geld gekies het en heel moontlik in die tronk geeindig het vir aanranding, lol. Sterkte

    Liked by 2 people

  3. O aarde tog … ek’s so bang vir ‘n tandarts … jou storie lees soos ‘n riller! Baie sterkte vir vandag, ek hoop alles verloop goed. Mag jy binnekort die heerlikheid van ‘n piesang/aartappel/skyfie lemoen in jou mond smaak. Dink aan jou 💌.

    Liked by 2 people

  4. Ag ek is regtig jammer vir jou. ‘n Seer tand of mond is geen plesier nie. Ek bid dat dit sommer binnekort opgelos sal word.
    En ek dink nie tandarts nr 1 moet enigsins betaal word nie. Inteendeel.
    Sterkte mater

    Liked by 2 people

  5. Ai vriendin, ek deel jou vrees. Ek soek altyd kinder tandarts en sê reguit, as jy vir my seermaak…. Weet nie of jy al spesialis gesien het nie, as jy goeie SA fisio kry wat TMJ kan doen, kan ook help. Vat tyd so besering. Ek haat antibiotika, maar hoop jy is op dit, moet asb nie laat hulle werk voor abses weg is nie🙏. En probiotics want al wat werk vir dit is Augmentin of Dalacin C. Baie sterkte vir jou, en saggies spoel met coconut olie, elke oggend en aand, dan warm sout water. 🤗🤗

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie, Virgo, ek sal die raad volg. Spesialis het my na tandarts terug verwys, sy moet eers iets regmaak met my tande voordat hy die spoel kan doen. Klink baie seer en ek is op spierverslappers, hoop my mond maak haarself reg.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.