Welkom by my aanlynjoernaal

Baie welkom by my aanlynjoernaal. Ek skryf hier oor alles en wat, oor die dinge wat ek eendag wil onthou wanneer ek oud is. En sommer net wil onthou hoe lawwe mens ek was as ek die dag lus kry …


  • Kleinkindpret: Skuus, ouma, dit stiiinnnkkk …
    Ek het my amper slap gelag vir kleinkind, 2 jaar en 4 maande, se verskoning toe ek sy doek die week ruil.
  • Walt Disney verwoes meisies se drome?
    Ek luister vandag op pad om my Tiguan by die garage te gaan haal na haar diens – of was dit nou toe ek haar gaan aflaai het – na RSG. En toe slaan die aanbiedster my totaal dronk.
  • Angie watsenaam … het musiek werklik na hierdie laagtepunt gedaal?
    Ek volg ‘n blog op WordPress wat my aan nuwe Afrikaans musiek en sangers bekend stel. Ek het nou die dag oor een van die sangeresse geskryf. Vandag wil ek oor ‘n ander een skryf, ek dink net nie sy klassisfiseer as sangeres nie.
  • Kleinkindpret: Poef ‘n planeet …
    So rukkie terug vertel skoondogter my van ‘n boek wat kleinseun persent gekry het. En wat hulle saans vir hom lees. Die titel was erg vreemd: Dino poef ‘n planeet!
  • Die spinnekoppe van Australië
    Bushboy deel gister ‘n foto van ‘n spinnerak. En ek lewer so ewe kommentaar daarop dat ek – toe ek in Australië was – net foto’s van die webbe geneem het en nie gewag het om die spinnekoppe te sien nie.