Gistermiddag het ons so teen drie-uur rivier toe gery. Dit het begin reën toe ons uit Centurion is, maar glad nie hard nie. Tog het dit ons meer as ‘n uur geneem om die stukkie N1 te ry tot by die N14, waar ons eers by ‘n motorhawe moes stop. Die ry-stop-ry is nie so lekker op die blaas nie.
Lees voort “Centurion vloed terwyl ons by rivier is …”Etiket: Vaalrivier
Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …
Ek het vroeër geskryf dat ons die Vaal se vlakke dophou. Met ‘n houtoog, want ons huis het in 2010 en 2011 so meter hoog in die rivier gestaan. Toe die water vertikaal met ongeveer agt meter gestyg het om in ons huis in te gaan.
Lees voort “Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …”Vlakke van Vaaldam en -rivier styg weer
Dit is weer Desember en dit reën weer baie in Gauteng en oor die land. Die Vaaldam se vlak het vinnig gestyg en die dam is bykans 100% vol, met nog reën wat voorspel word. Juis in die Vaalrivier se opvangsgebied.
Lees voort “Vlakke van Vaaldam en -rivier styg weer”Ysige nag langs die Vaal …
Ons het mos die naweek uit ons stadshuis getrek – sy is basies verkoop. Ek het gister daarvan vertel. Ons het Saterdagaand by dollatjie gaan slaap. En Sondagoggend die pad veel vroeër as gewoonlik gevat omdat hulle ander verpligtinge gehad het.
Lees voort “Ysige nag langs die Vaal …”Weerkaatsings op die Vaalrivier …
Jez Braithwaite’s se Water Water Everywhere foto-uitdagings trek my elke keer na my eie foto’s toe om een te gaan soek wat kan pas. Hierdie keer plaas ek weer ‘n foto van die rivier by ons huis – veral omdat die tema weerkaatsings is.
Lees voort “Weerkaatsings op die Vaalrivier …”‘n Stoel om waterverwoesting gade te slaan …
Ek sien vandag twee foto-uitdagings waaraan ek met een foto kan deelneem. Hierdie ene …
Lees voort “‘n Stoel om waterverwoesting gade te slaan …”